Versigtig in die lang gras na die goeie reen!

Hiermee ‘n voorbeeld van ‘n waarskuwing wat onder die aandag van die owerhede gebring is:

“Hiermee nog ‘n gevaarlike aangeleentheid waar owerheidsweë uiters nalatig is met die sny van gras. Hierdie is nie ‘n uitsondering maar wat elke jaar gebeur. Die uitsig na weerskante is absoluut NUL a.g.v. die draai(e) van die pad. Dit is nou veiliger om vanaf Heidelberg die glipweg na Villiers te gebruik en dan ‘n U-draai te maak om dan uiteindelik die kruising te kruis na Deneysville!

Vanaf 3riviere is die uitleg ook so dat indien daar ‘n voertuig na Deneysville regs draai moet verkeer wat volg stilhou wat absurd is. In praktyk gebeur dit nie en word die “slegs linksdraai”-baan gebruik om reguit verby te gaan.”

Sien foto’s ingesluit.

Groete,
Peet Schabort.

Posted on by jonckie

Comments Off on Versigtig in die lang gras na die goeie reen!

Category: Algemeen