7-Jarige sterf in fratsongeluk na pa sleutel in voertuig los.

‘n 7-Jarige is Sondag in Bongolethu dood na hy na bewering in ‘n voertuig gespeel het.

Volgens sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het die voorval tussen 11:20 en 12:20 gebeur.

“Na bewering het die oorlede seuntjie se pa die voertuig se sleutel in die voertuig gelos. Die seuntjie het toe aan die sleutel gedraai en die voertuig het voorentoe gespring.

“Die bakkie se wiele was effens skeef gedraai en die deur van die bakkie het die kind vasgedruk tussen die bakkie en ‘n paal,” het sy gesê.

Volgens Micheals is die kind na die hospitaal vervoer en is hy later oorlede.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on 7-Jarige sterf in fratsongeluk na pa sleutel in voertuig los.