Noue ontkoming na botsing teen kragpaal in Oudtshoorn

4 Volwassenes en ‘n kind het vandag naelskraap ‘n vlammehel vrygespring toe die motor waarin hulle was ‘n paal getref en in vlamme uitgebars het. Die botsing het naby die Oudtshoornstasie op ‘n berugte brug oor die kanaal gebeur waar daar al verskeie botsings was. Die Opel Monza was vanaf Rooiheuwel se rigting op pad dorp toe, toe die bestuurder op die skerp draai voor die brug beheer oor die motor verloor het.

Volgens munisipale tegnici kan krag in die omgewing van die rioolwerke en suidelike deel van die nywerheidsgebied vir ongeveer 5 ure af wees terwyl die kragpaal wat afgery is vervang word.

Oudtshoorn Courant

Volg die skakel vir 2 videos, en om meer te lees: bit.ly/2hKgdLz

Posted on by jonckie

Comments Off on Noue ontkoming na botsing teen kragpaal in Oudtshoorn