Motorfietsryer beland onder vragmotor in Oudtshoorn

OUDTSHOORN NUUSFLITS – ‘n Jong vrou is vanmiddag met ernstige beserings met die AMS-helikopter na George vervoer na sy in Rademeyerstraat in ‘n ongeluk betrokke was.

Volgens ‘n getuie het die vrou uit Rademeyerstraat met haar motorfiets gery.

Die botsing het gebeur toe sy regs in Oostelikeweg gedraai het en ‘n vragmotor wat van voor gekom het haar getref het. Daar was ‘n stopteken aan die vragmotor se kant terwyl die motorfietsryer ryvoorrang gehad het.

Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel was die motorfiets onder die vragmotor vasgepen en was paramedici reeds besig om die vrou te behandel.

Die blyk of sy ernstige beenbreke in die ongeluk opgedoen het.

Die polisie het die bestuurder van die vragmotor op die toneel in hegtenis geneem. Dit is nog nie bekend wat die klagtes teen hom is nie.

Verskeie besigheidseienaars in Rademeyerstraat aan die Oudtshoorn Courant op die toneel gesê dat die drierigting-stop op die kruising van Rademeyerstraat en Oostrelikeweg ‘n groot kopseer is omdat so baie voertuigbestuurders die stop vermy.

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Motorfietsryer beland onder vragmotor in Oudtshoorn