Mense wat werklik omgee!

Die nuus is vol van die negatiewe en vandag deel ons graag ʼn positiewe storie waar CrisisOnCall ʼn verskil in ʼn baba van vyf weke se lewe gemaak het.

Riaan Grobler van Groot Ontbyt op KykNet het Woensdag 18 Januarie 2017 ʼn versoek om hulp op Facebook geplaas. “Kan iemand hier help? Luandro Gelbert is net oor ‘n maand oud en is gister gediagnoseer met epilepsie. Hy moet vanmiddag 3hr by die Sunninghill Hospitaal in Johannesburg wees om ‘n neuroloog te sien, maar die medies betaal nie die ambulans nie en ouers het nie die fondse daarvoor nie. Is daar iemand wat kan help asb. Anders moet sy ouma hom met hulle motor vat en hy het die masjiene nodig. Asb. mense dis regtig baie dringend!!!!! Enige hulp is welkom …… en natuurlik meer belangrik is GEBED!”

CrisisOnCall het die boodskap gelees en onmiddellik ingegryp. Daar is met een van hul ambulans diensverskaffers in Pretoria, Life Med Ambulansdiens onderhandel om die nodige ambulansvervoer van Eugene Marias Hospitaal na Sunnighill Hopsitaal te doen en hom weer terug te bring. Teen ʼn verlaagde prys, wat CrisisOnCall ten volle borg, is die nodige reëlings vinnig getref. (Die familie is nie lid van CrisisOnCall nie)

Wian Le Roux, paramedikus van Life Med en Ruan Vermaak, paramedikus en Verhoudingsbestuurder van CrisisOnCall het die ambulans beman.

Die kleine lyfie was 18:30 veilig terug in Pretoria, Eugene Marias Hospitaal en in pappa en mamma se arms

CrisisOnCall se leuse is “Ons gee werklik om” en die lede se bydrae tot lidmaatskap vir onder andere die genoemde dienste hieronder maak hulp soos die met Luandro moontlik:

  • Krisislyn
  • Reismonitering
  • Gratis ambulansdiens van die naaste geakkrediteerde diensverskaffer
  • Identifikasie sisteem wat reeds oor 14 jaar beproef is, ens.

Indien jy meer wil weet van CrisisOnCall stuur gerus ʼn epos na marketing@crisisoncall.co.za en noem dat jy op Arrive Alive van CrisisOnCall gelees het. (Bemarkingskantoor tel nr: 0861 57 47 47

Posted on by Media

Comments Off on Mense wat werklik omgee!

Category: Algemeen