Bestuurder verdwyn van toneel na ongeluk in Oudtshoorn

‘n Rooi Volkswagen Golf het gistermiddag in ‘n betonmuur, by die kanaal, vasgery. Die bestuurder van die voertuig het van die Rooiheuwel-pad se kant af gekom, vermoedelik beheer op die draai verloor. Sover vasgestel kan word was daar vier insittendes, waaronder twee kinders, in die motor. Die bestuurder het glo van die toneel verdwyn.

Die betonmuur het gekeer dat die voertuig in die kanaal beland.

Nooddienste het die beseerdes op die toneel behandel, maar moes mooi praat met ‘n ma om haar eenjarige na die hospitaal te neem vir ‘n ondersoek.

Geen verdere inligting is op die stadium beskikbaar nie.

[Oudtshoorn Courant]

Posted on by jonckie

Comments Off on Bestuurder verdwyn van toneel na ongeluk in Oudtshoorn

Comments are closed.