Voorkom die slagting op ons Paaie!!

rustenburg

Ons lees elke week van mense wat op paaie sterf. Arrive Alive en die media is daagliks besig met ʼn poging om voertuigbestuurders op te voed om veilige te reis. Daar is ook baie teorieë oor redes waarom die slagting net eenvoudig voortduur.

Die antwoord is baie kompleks want dit neem in die meeste gevalle net een van twee voertuie om ʼn botsing te veroorsaak. Hieraan kan die onskuldige party niks doen nie, of kan hulle? Hier volg ‘n paar eenvoudige wenke om dalk net te verhoed dat jy of jou gesin in ʼn ernstige botsing betrokke is:
⦁ Konsentreer op die pad en wat om jou gebeur.
⦁ Dink vir ander.
⦁ Neem aan dat die ander bestuurder jou nie sien nie – veral wanneer iemand op ʼn sperstreep ʼn voertuig verbygaan.
⦁ Ry met jou voertuig se ligte aan vir sigbaarheid.
⦁ Bly binne die spoedgrens. Dit is daar vir ʼn rede.
⦁ Rus gereeld of ruil bestuurders.
⦁ Sodra jou gedagtes begin dwaal is dit tyd om te rus.
⦁ Moet nooit tydens ʼn lang rit baie op een slag eet of baie koffie drink nie. Dit kan jou lomerig maak en jou konsentrasie aantas.
⦁ Drink liewer baie water – dit sal jou gereeld laat stop en sommer bietjie ontspan.
⦁ Enige alkoholiese verversings en ʼn stuurwiel is nie vriende nie. Moet dus niks alkohol inneem tydens jou rit of selfs 12 ure voor die rit nie.
Hierdie is maar ʼn paar wenke van baie.

Dit is ook so dat die familie wat nie saam reis nie, die heel tyd bekommerd is oor hul geliefdes wat die gevaarlike paaie aandurf. Hulle wil ook nie gereeld bel om te hoor of die reis nog voorspoedig verloop nie.

Hier het CrisisOnCall ʼn baie goeie gemoedsrusdiens. Die reismoniteringsdiens word deur die reisende persoon(e) geaktiveer en dan skakel ʼn professionele persoon die reisende familie met gereelde intervalle. Daar word aangeteken waar die reisende persoon nou is en so word die reis tot by die eindbestemming gemonitor. Gebeur daar iets, is ʼn oproepsentrum as ruggraat van die reismoniteringsdiens daar om te help met alles van ʼn ambulans tot ʼn insleepvoertuig. Selfs regsadvies is beskikbaar en ʼn vinnige besluit om oor te slaap kan ook baie tyd en ongerief spaar deur die agent wat jou reis moniteer te vra om verblyf op ʼn sekere punt van jou roete te reël.

Die krisislyn kan jou koppel met die polisie, brandweer, bank om kaarte wat weg is te blok, ens.

Hierdie is darem ware gemoedsrus indien die ID-stelsel wat namens iemand praat wat self nie kan nie, ook nog in ag geneem word.

Wil jy meer weet? Stuur gerus ʼn epos na markating@crisisOncall.co.za met die woorde Alive in die onderwerp kolom. Besoek ook www.crisisoncall.co.za vir meer inligting

Posted on by jonckie

Comments Off on Voorkom die slagting op ons Paaie!!