Toyota beklink toppsisie danksy voorste passasiersmotorverkope

Toyota Suid-Afrika het op die kruin van die golf van vurige passasiersmotorverkope danksy ’n gesonde aanvraag deur verhuringsmaatskappye gery en nog ’n topposisie in die mark vir kleinhandelverkope met verkope van 10 088 voertuie in November losgeslaan.

Klasbeste vertonings is deur verskeie van Toyota se kernmodelle gelewer, waaronder die Corolla Quest (1 137), Fortuner (1 135), RAV4 (462) en Avanza (420) wat Toyota bo-aan die afdeling vir passasiersmotors laat eindig het.

Bykomende waardevolle beydraes is gelewer deur die Hilux (2 492), Quantum (1 518), Etios (1 006) en Corolla (561), wat Toyota in staat gestel het om weereens die kroon in die afdeling vir algehele verkope in te neem en die 11e agtereenvolgende maand vanjaar as topverkoper-voertuigvervaardiger gekroon te word.

Calvyn Hamman, senior vise-president vir verkope en bemarking by Toyota SA Motors, gee toe “hoewel buitengewone aansporings en hoë voorraadbeskikbaarheid deur ’n hele aantal fabrikate Hilux tydelik tot die tweede plek op die verkopetelkaart vir die maand laat terugskuif het, is Hilux-verkoopsvolumes steeds ver bo die teiken en is ons nog op koers om die jaar in die boonste posisie af te sluit”.

Die Hilux het vir die jaar tot nou ’n haas onoorkombare voorsprong van meer as 2 550 verkope meer as sy naaste teenstander, wat sal verseker dat die Hilux die 44e keer as topverkoper-voertuig in Suid-Afrika aangewys sal word – ’n merkwaardige prestasie.”

Nog iets wat genoem moet word, is die stewige vertoning van die Fortuner, wat sedert sy bekendstelling in April gemiddeld 1 336 verkope per maand gehandhaaf het. Toyota se immergroen sportnuts beklee nou meer as 60 persent van die markaandeel teenoor sy naaste mededingers.

Wat handelsvoertuie betref, het Hino altesaam 367 verkope in November aangeteken, wat sy tweede hoogste vir die jaar was. Die Toyota Dyna en Hino 300 het saam ’n segmentbeste markaandeel van 30,4 persent in die afdeling vir medium handelsvoertuie aangeteken.

Posted on by Media

Comments Off on Toyota beklink toppsisie danksy voorste passasiersmotorverkope