Ons kan en moet rapporteer waar infrastruktuur padveiligheid bedreig!

aanloop-na-brug-met-n-blinde-draai-foto-22-nov-2016

Die Arrive Alive webwerf het die volgende inligting ontvang en gedeel met padverkeersowerhede:

Wie dit mag aangaan:

Ons staan aan die vooraand van nog ‘n verkeersdrukte op ons land se paaie, dog skyn dit asof daar van owerheidsweë ‘n slapte bestaan oor die instandhouding en verkeerstekens van hierdie infrastruktuur.
Hierdie brug is ‘n belangrike verbinding tussen die Vrystaat en Gauteng maar is in ‘n skokkende toestand met verskeie gate in die relings en op twee plekke hang stukke beton oor die kant van die brug.
Daar word gepredik oor padveiligheid maar skynbaar lyk dit vir my of hier nie konsensus bereik kan word wie van die twee provinsies verantwoordelik is vir hierdie brug se herstel. Selfs die padoppervlekte is in ‘n hobbelrige toestand en kan daar beheer verloor word oor ‘n voertuig. Reeds in Sept was daar ‘n ongeluk op die brug met ‘n trompop botsing. Sou die een bestuurder dalk a.g.v. die padoppervlakte beheer verloor het?
Die GPS van hierdie brug is: S26 43 15.45 E27 53 41.9

geen-weerkaatsers-op-kante-van-brug-22-nov-2016

nog-n-gat_6-foto-22-nov-2016
___________________________________________________________________

Ook op die R59 tussen Vereeniging en Vaalpark is daar ‘n enkelbaan in beide rigtings waar daar kort-kort ernstige ongelukke plaasvind. Dit is werklik tyd dat ook hier aandag aan gegee word of is mense se lewens goedkoper?
Die GPS is tussen S26 44 05.02 E27 53 39.88 EN S26 46 45.42 E27 51 49.24
Is dit moontlik om hierdie skrywe aan te stuur na die betrokke minister?
Geseënde Kerstyd en lig loop op ons paaie wat nie op standaard is plus ook die ongeduldige motoriste wat met ‘n kamakazi houding op die paaie voortsnel.
Peet SCHABORT

Posted on by jonckie

Comments Off on Ons kan en moet rapporteer waar infrastruktuur padveiligheid bedreig!