Dink baie mooi voor jy daardie ekstra drankie drink!!

Vanoggend ontvang ek ‘n e-pos met heelwat waarhede oor drank en die optredes van mense wat ‘n paar drankies te veel nuttig:

Dinge wat MOEILIK is om te sê wanneer jy gesuip is

1. Innoverend
2. Preliminêr
3. Verspreiding
4. Kaneelsuikerkorreltjie

Dinge wat BAIE MOEILIK is om te sê wanneer jy gesuip is

1. Spesifiseer
2. Anti-konstitusionalisties
3. Passief-agressiewe afwyking
4. Transubstansieer

Dinge wat F@KKEN ONMOONTLIK is om te sê wanneer jy gesuip is

1. Nee dankie, ek is getroud.
2. Nee dankie, niks meer vir my om te drink nie.
3. Jammer, jy is nie my tipe nie.
4. O nee, ek kan nie. Niemand wil my hoor karaoke nie.
5. Ek stel nie belang om met jou te baklei nie.
6. Dankie, maar ek wil nie dans nie. Ek het nie ko-ordinasie nie en wil nie soos ‘n gek lyk nie.
7. Waar’s die naaste toilet? Ek weier om in die parkeer area, op die gras of langs die pad te piepie.
8. Nee, ek bel nie my vriende die tyd van die aand nie.
9. Ek moet nou huistoe gaan. Ek werk môre.

Alhoewel baie van ons sal glimlag omrede ons die waarheid hierin raaksien en al aanvaar het, is dronkenskap GEEN grap en veral dronkbestuur het al verskeie gesinne en lewens verwoes!

Ek wil graag die nuutste veldtog van Diageo deel met die titel #ItIsMyStory

Moet ASSEBLIEF NOOIT DRINK EN BESTUUR NIE!!

Posted on by jonckie

Comments Off on Dink baie mooi voor jy daardie ekstra drankie drink!!

Category: Lewens, Veiligheid Tags :