Chinese toeriste gelukkig om ernstige besering vry te spring na ongeluk in Meiringspoort

‘n Groep Chinese toeriste wat na Lesotho onderweg was, is vanmiddag tydelik in Meiringspoort gestrand nadat een van hulle voertuie in ‘n botsing betrokke was.

Die agt toeriste was in ‘n Honda Jazz en ‘n ingevoerde Toyota deur die poort onderweg toe die bestuurder van die Toyota hom met ‘n draai misgis het, ‘n padteken getref en bo-oor rotse langs die pad gery.

Terwyl hulle vir ‘n insleepdiens gewag het het hulle tolk aangedui dat hulle vannag op Oudtshoorn sal deurbring en ‘n ander motor probeer bekom. Foto’s: Hannes Visser.

Bron: Oudtshoorn Courant

Posted on by jonckie

Comments Off on Chinese toeriste gelukkig om ernstige besering vry te spring na ongeluk in Meiringspoort