Hoe maklik is dit om van die aardbol te verdwyn?

pic

Die media het op 31 Oktober 2016 berig van twee skelette van mense wat naby twee voertuigwrakke in Bainskloof Pas naby Wellington gevind is.

Stappers het op die oorblyfsels van twee mense afgekom wat al geruime tyd daar lê. Dit is nie seker of die twee voertuie in ʼn botsing was voor hulle die pad verlaat het nie. Geen identiteit kon ook aan hulle gekry word nie. Hul voertuigwrakke was ook reeds deur ʼn veldbrand so beskadig dat niks gevind kon word om die voertuie se eienaars op te spoor nie.

Hierdie kan enige tyd enige plek gebeur, veral in die nag en op stil paaie. Die vraag is nou; wat sou die tragedie kon verhoed het?

Sou ʼn GPS stelsel of selfoon bv. ʼn verskil kon maak? Die antwoord is nee want gedurende ʼn botsing word selfone gewoonlik beskadig wat dan ook die GPS sou affekteer het, of dit sou iewers weg van die pasiënt lê.

Die ou konvensionele metode wat CrisisOnCall oor 14 jaar bied, is steeds die beste oplossing. Dit is daardie diens waar reisende lede van CrisisOnCall met gereelde intervalle geskakel word. Hul posisie word dan na elke oproep aangeteken. Sou die persoon nie antwoord wanneer hy geskakel word nie, of die selfoon is af, weet die personeel van CrisisOnCall waar hulle laas met die persoon gepraat het. ʼn Soek aksie kan dan van stapel gestuur word in die direkte omgewing van waar die persoon laas met die personeel gepraat het.

In die genoemde geval sou die twee persone baie vinnig bereik kon word en sou hul dalk nie gesterf het nie. Die identifikasie-bandjie om die gewrig sou ook aan paramedici belangrike inligting via die oproepsentrum verskaf het. Inligting soos; mediese fonds/hospitaal plan inligting, medikasies, allergieë, mediese kondisies, naasbestaandes, ens.

pic-2Raak betrokke by CrisisOnCall vir so min as R 92 per gesin per maand. CrisisOnCall bied vir die bedrag 13 voordele wat ʼn gesin se lewe in nood baie makliker kan maak. Van ʼn krisislyn, gratis ambulansdienste (pad & lugvervoer) deur die naaste geakkrediteerde diensverskaffer, reismonitering, identifikasie wat namens jou en jou gesin praat wanneer julle self nie kan nie, mediese advies tot regsadvies, om maar ʼn paar voordele te noem. CrisisOnCall se oproepsentrum kan via ʼn tolvrye nommer van ʼn Telkomlyn, “please call me” en ʼn App gekontak word.

Stuur asb. ʼn epos na marketing@crisisoncall.co.za met die onderwerp Arrive Alive meer inligting en CrisisOnCall epos inligting per kerende epos. Skakel ook ons bemarkingskantoor in werksure by 0861 57 47 47.

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe maklik is dit om van die aardbol te verdwyn?