Een Nasionale Noodnommer… Waar gaan ek gehelp word?

capture

Pam Green skryf op haar Facebook bladsy hoe sy verlede Vrydagaand op die N12 aan die Oos-Rand in haar truspieëltjie gesien het hoe ʼn vrou by ʼn bewegende motor uitgegooi is. (Haar verhaal is reeds meer as 12,000 keer op Facebook gedeel)

Sy het onmiddellik 10111 geskakel vir die polisie se hulp en ʼn ambulans. Die polisie het gesê sy moet 112 skakel. Die selfoon maatskappy se 112 nommer het haar die koue skouer gegee nadat hulle haar van bakboord na stuurboord deurgeskakel het. Sy het hulpeloos langs die pad met ʼn histeriese en beseerde vrou gestaan. Daar was groot vrees dat die man wat haar uitgestamp het kon terugkeer. (Lees gerus die volle verhaal )

Niemand weet wanneer die onverwagse kan toeslaan nie. Wil jy dan soos Pam sukkel, of is jy op soek na een nasionale noodnommer vir die polisie, brandweer, ambulans, ens. ʼn Nommer waar jy professionele hulp op nasionale vlak kan kry in nood!?

CrisisOnCall het in 2000 – 2001 navorsing gedoen oor verskeie aspekte wat uniek aan Suid Afrika is. Die navorsing word steeds deurlopend gedoen na gelang van verandering in die omstandighede in die land.

CrisisOnCall bied vanaf 2002 ‘n tolvrye noodnommer waar jou reis gemonitor kan word en jou mediese inligting beskikbaar gestel word aan paramedici met ʼn gepaardgaande ID-bandjie, dek van privaat ambulans-koste in ʼn nood geval, ens.

Die nasionale noodnommer is ook ʼn krisislyn waar die persoon wat inbel deurgeskakel word na die polisie, brandweer selfoonmaatskappy (indien ʼn selfoon geblok moet word) bank (indien ʼn kaart geblok moet word) korttermynversekering, ens. Opvolg oproepe word ook gedoen om uit te vind of die polisie, brandweer, ens. opgedaag het.

In die geval van ʼn mediese noodgeval word telefoniese advies gegee terwyl die naaste geakkrediteerde privaat ambulansdiens uitgestuur word. Omdat die rekening in ʼn noodgeval deur CrisisOnCall betaal word, word die naaste ambulansdiens gebruik irrelevant van wat ʼn mediese fonds verlang. Die fonds dra dus eers die koste vanaf die deure van die hospitaal. Mense wat nie oor ʼn mediese fonds beskik nie word ook op dieselfde wyse behandel terwyl die pasiënt dan net na ʼn staatshospitaal afgevoer word.

14 Jaar later is duisende families steeds gelukkige lede van CrisisOnCall. Vir meer inligting sms Alive en jou epos na 48950. (R1.50 per sms) Besoek ook gerus die webwerf by www.crisisoncall.co.za

Posted on by jonckie

Comments Off on Een Nasionale Noodnommer… Waar gaan ek gehelp word?