Waarom is inligting by ‘n ongeluk belangrik?

Photo by ER24

[Foto deur ER]

Ons lewe in ʼn wêreld wat inligting gedrewe is. Sonder belangrike inligting beskikbaar op die regte tyd kan letterlik katastrofies wees. Een van die bronne van inligting is ʼn selfoon wat vandag soos ʼn rekenaar funksioneer. Ons noem dit mos ʼn slimfoon.

Hierdie slimfoon het egter sy beperkings wanner dit by inligting tydens ʼn nood situasie kom. In baie gevalle is ʼn selfoon ontoereikend as gevolg van die volgende redes:

  • Tydens ʼn botsing word selfone beskadig of gesteel.
  • Selfone kan nie altyd aan ʼn spesifieke persoon gekoppel word nie. (Daar is bv. vier persone en vier selfone wat los lê. Watter een behoort aan wie?
  • Baie selfone het ʼn vingerafdruk, kode of patroon nodig voordat dit gebruik kan word.
  • Selfone stel ook nie die eienaar se besonderhede maklik beskikbaar nie.

Die realiteit is dat ʼn selfoon gewoonlik net werk wanneer die pasiënt by sy volle bewussyn is en daar sein. Wie praat dus wanneer jy self nie kan nie?

Toegang tot inligting is dus bykans onmoontlik indien verder in ag geneem word dat handsakke en beursies of gesteel word of nie aan ʼn spesifieke persoon gekoppel kan word nie.

CrisisOnCall het ʼn unieke armbandjie ontwikkel met ʼn unieke kode op wat toegang bied tot daardie inligting. Toegang is slegs beskikbaar tot gemagtigde persone soos mediese personeel aangesien die stoor van die inligting deur wetgewing gereguleer word en CrisisOnCall 100% aan daardie wetgewing voldoen. (Enige inligting op ʼn selfoon is dus nie baie veilig nie)

Die volgende inligting word op data by die oproepsentrum per persoon gestoor vir vinnige toegang in ʼn nood situasie:

  • Persoonlike inligting en adres.
  • Mediese fonds, allergieë, kroniese medikasies en mediese kondisies soos diabetes.
  • Huisdokter, predikant en nie inwonende naasbestaandes.
  • Korttermynversekering inligting.
  • Twee bure se kontakbesonderhede.
  • Voertuig inligting, ens.

Elke deel van die inligting word benodig juis omdat dit in ʼn krisis situasie ʼn groot verskil kan maak.

Saam met die inligting en identifikasiebandjie word gratis ambulansdienste (pad en lugvervoer) reismonitering, krisislyn, ens gebied wat elke persoon in die land se lewe makliker kan maak.

Vir meer inligting stuur asb. ʼn epos na marketing@crisisoncall.co.za met die woord Arrive Alive. Ons stuur graag meer inligting oor ʼn diens wat totale gemoedsrus kan bied en kan seker maak dat pasiënte met mediese fondse in die regte hospitaal opgeneem word. Waar ʼn pasiënt nie oor ʼn mediese fonds beskik nie sal die afvoer steeds ten volle gedek word in ‘n noodgeval.

Posted on by jonckie

Comments Off on Waarom is inligting by ‘n ongeluk belangrik?