Verskeie musiekgenres onder een vaandel in Die Kreet van Afrika

atterbury-artists-group

Suid-Afrika spog met vele musikante wat hul talent in verskeie musiekstyle uitleef. Die Kreet van Afrika bring op Vrydag 25 November uiteenlopende musikante byeen om die die land se diverse musiek-erfenis te vier.

Die musiekuitvoering word aangebied deur iStart2, ‘n organisasie wat poog om volhoubaarheid te bevorder deur die kunste, veral musiek, in te span. iStart2 moedig gehore aan om mekaar oor kultuurgrense heen te vind en om praktiese oplossings vir ‘n volhoubare toekoms deur die kunste daar te stel.

Legendariese jazz musikant Pops Mohamed, die kunsdirekteur van iStart2, se: “Wanneer ons ons besig hou met die skepping van ‘n volhoubare wereld, en ons dit uitbasuin van elke dorpie en stad, van elke provinsie en elke land, kan ons kinders verseker wees van ‘n volhoubare nalatenskap.”

Geliefde Afrikaanse sanger Coenie de Villiers tree op saam met Mohamed. Die aand sluit ook optredes deur jong sanger Dudu Majola, alternatiewe Afrikaanse musikant Somerfaan, en Sankobo Afrique, ‘n dromgroep van Wes-Afrika in. Ander kunstenaars tree ook op: Decca is die naam van Herman Steyn and Douw Steyn se nuwe groep, Poorvi Bhana is ‘n sitaarspeler en Ahish Joshi speel die Indiese “tabla”.

Stellenbosse sangeres Luna Paige, bekend vir haar samesmelting van Afrikaanse letterkunde en musiek, sal ook te sien wees.

“Ervaar iets unieks… hoor die klanke van die Kalahari… ervaar die verlede en gaan die toekoms te gemoed,” se Coenie. “Ek luister dikwels na inheemse musiek en klanke van Afrika en ek het groot bewondering vir Pops se werk. Dit raak my diep. Pops is my held. As ons as musikante die wereld kan aanraak kan ons verandering te weeg bring.”

Volgens iStart2 se stigter Pierre du Toit is die doel van sulke optredes om gehore bloot te stel aan musiekstyle uit verskillende oorde. “Musiek bring mense saam in ‘n erg gepolariseerde wereld. Musiek voed jou siel en maak jou hart oop. Pops Mohamed se huistaal is Afrikaans … dink steeds dit was een van die bes bewaarde geheime in die Afrikaanse musiekwereld .”

douw-steyn-colour-2

Seg Du Toit: “Die verskeidenheid musikante verteenwoordig van Suid-Afrika se top-talent. Musiek bind ons saam, verbreed ons perspektiewe en laat ons sien dat die ryke erfenis van ons verskillende kultuurgroepe ons kan saambind in ‘n volhoubare toekoms vir almal in Suid-Afrika.

Waar: Atterburyteater, Daventrystraat 4, Lynnwood, Pretoria
(Hoek van Lynnwoodlaan en Daventrystraat)

Tyd: 20h00

Datum: 25 November 2016

Prys: R160 per kaartjie

Kaartjies van Computicket verkrygbaar vanaf Vrydag 28 October 2016.

pops-and-coenie-de-villiers

Posted on by jonckie

Comments Off on Verskeie musiekgenres onder een vaandel in Die Kreet van Afrika