Reismonitering en beskikbaarheid van mediese inligting kan lewens red op die pad

1

Foto deur ER24

Paramedici kontak CrisisOnCall daagliks met gevalle waar hulle lewensbelangrike besluite moet neem by botsingstonele en daar eenvoudig geen inligting bekombaar is nie. Misdaad en die impak van botsings speel ʼn baie groot rol hierin.

CrisisOnCall het ook ʼn unieke diens wat genoem word reismonitering. Wanneer ʼn lid die langpad aandurf aktiveer hy die monitering by ons oproepsentrum en verskaf inligting van die reis. Daarna sal die reisende persoon met gereelde intervalle gekontak word.

Waarom die diens? Wanneer familie agterkom dat hul geliefdes nie hul eindbestemming bereik het nie, is dit behoorlik chaos. Waar begin mens soek? Reis van Pretoria na Durban, 622 km. Indien die reis elke uur gemonitor word verminder die soek aksie na ongeveer 100 km. Dit maak die soek aksie baie meer effektief. Die personeel by die oproepsentrum weet ook waar om te begin en wat om te doen ten einde effektief die reisende persone op te spoor. Naasbestaandes word ook op hoogte gehou.

Hier is ʼn ware verhaal: Cecilia Schoeman het in 2010 met ʼn skool bussie haar hokkiespan van Thabazimbi na Polokwane geneem vir hokkie proewe. Soontoe en terug het sy reismonitering gevra. Tydens hulle terugkeer was sy geskakel waar sy in Bela-Bela brandstof ingegooi het. Sy het genoem dat dit baie reën. Daar is met haar ooreengekom dat die oproepsentrum, tydens die reën, elke 10 minute sal skakel.

Die eerste oproep was gemaak maar haar selfoon was af. Ook die alternatiewe een van die kinders. Die oproepsentrum het onmiddellik aksie geneem en onder andere die privaat ambulansdiens op Bela-Bela geskakel. Hulle het ʼn botsing op die Thabazimbi pad bevestig. Kontak is met hulle behou.

Cecilia het die pad verlaat omdat ʼn vragmotor water op die bussie se vooruit gegooi het, en met ʼn groot boom gebots. Sy en die kinders het baie seer gekry. CrisisOnCall kon onmiddellik haar en van die kinders wat ook lid is, se besonderhede bekend maak aan die paramedici. Cecilia se been is geamputeer tydens die botsing en is na ʼn hospitaal deur een van die CrisisOnCall diensverskaffers gevlieg.

2

 

(Foto: Netcare911)

Haar man is geskakel en hy het die skoolhoof gekontak. Die skool was reeds gesluit omdat dit ongeveer 17:20 die middag gebeur het. CrisisOnCall het saam met die skool gewerk om al die inligting te bekom sodat elke kind die nodige behandeling ontvang en afgevoer kan word na ʼn privaat hospitale in Pretoria. Ouers is ook inkennis gestel. Vandag leef Cecilia om haar verhaal te vertel en is sy ook ʼn SA Paralimpiese atleet.

3

Cecilia is regs met haar CrisisOnCall bandjie.

Hierdie bandjie koppel elke lid en sy gesin met hul mediese en ander belangrike inligting.

Wil jy jou gesin gemoedsrus gee. Epos “Arrive” na marketing@crisisoncall.co.za vir meer inligting.

Volg ook CrisisOnCall se Twitter handvatsel “@traffin_news1 vir die nuutste verkeersinligting in Suid-Afrika.

Besoek ook:

The Sudden Stop and Roadside Emergencies

 

 

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Reismonitering en beskikbaarheid van mediese inligting kan lewens red op die pad