Dakar 2017: Toyota Hilux Evo in Noordwes getoets

dakar2017-6888_1800x1800

Die splinternuwe Toyota Gazoo Racing SA Hilux Evo het pas sy eerste toetslopie gehad toe Giniel de Villiers en sy navigator, Dirk von Zitzewitz, die rewolusionêre tweewielaangedrewe voertuig in die Noordwes-provinsie in Suid-Afrika deur sy passies gesit het. Dit was die Toyota Hilux Evo se eerste werklikheidstoetse en die aanvanklike uitslae is baie bemoedigend.

“Dit is altyd baie opwindend om ’n nuwe konsepmotor te beproef,” sê die Toyota Gazoo Racing SA-spanhoof, Glyn Hall. “Die Toyota Hilux Evo is juis so konsepmodel. Noudat ons die geleentheid gehad het om die voertuig op terrein baie soortgelyk aan dele van die Dakar-veldtydren in aksie te sien, is ons die ene vuur en vlam.”

Die nuwe voertuig is ver verwyder van Toyota Gazoo Racing SA se beproefde vierwielaangedrewe voertuie wat in die afgelope vyf jaar skouspelagtige uitslae in die Dakar-veldtydren aangeteken het. Hierdie voertuie oorheers ook die plaaslike Donaldson-veldtydrenkampioenskap met Leeroy Poulter en sy navigator, Rob Howie, wat los voor in die kampioenskap is.

Soos sy naam aandui, verteenwoordig die Toyota Hilux Evo die volgende evolusie van Toyota Gazoo Racing SA se Dakar-veldtog, en sal die span in staat stel om op nog meer gelyke voet as ooit deel te neem.

Die eerste toets was daarop gerig om die ontwerp te beproef eerder as om die voertuig te ontwikkel. De Villiers/Von Zitzewitz het die Toyota Hilux Evo sodoende oor ’n aantal verskillende terreine beproef en telkens met posistiewe terugvoer teruggekeer.

“Die nuwe voertuig is aansienlik vinniger oor die rowwe gedeeltes,” het De Villiers aan die einde van die toetssessie gesê. “Toegegee – dit is iets om aan gewoond te raak, en dit voel gewis nie dieselfde as die vierwielaangedrewe weergawe nie. Maar genade, die ding is vinnig!”dakar2017-6651_880x500

 

Die Toyota Hilux Evo se teikengewig is bykans 600 kilogram ligter as die bestaande renvoertuig, en hoewel dit amper onmoontlik is om dié lae teiken te haal, sal die nuwe voertuig gewis ’n aansienlik beter krag-tot-gewigsverhouding hê.

“Noudat ons die konsep beproef het en gewys het dit werk, gaan ons nou die voertuig se goed as moontlik verfyn,” sê Hall. “Ons het baie data van ons vierwielaangedrewe weergawe vir die skokbrekers en verstellings, dus hoef ons nie reg van voor af te begin nie.

“Ons sal egter baie meer toetswerk moet doen voordat ons die voertuie in Desember Suid-Amerika toe verskeep.”

Intussen is die span besig om nog twee Toyota Hilux Evos by die span se hoofkwartier in Barbeque Downs naby die Kyalami-renbaan in Gauteng, Suid-Afrika, te bou. Dié twee is vir Leeroy Poulter en Rob Howie sowel as die span se nuwe jaers, Nasser Al-Attiyah en Matthieu Baumel.

dakar2017-6687_880x500

Posted on by jonckie

Comments Off on Dakar 2017: Toyota Hilux Evo in Noordwes getoets