Lexus LC 500 wat na SA op pad is, maak buiging by Goodwood Festival of Speed in VK

lex_lc500_12hr_880x500

Alles oor die Lexus LC 500 was van meet af aan net so dramaties en boeiend as sy voorkoms. Die LC 500, wat sy eerste lewenslig in 2012 as ’n LF-LC-konsepmodel gesien het – sonder planne destyds dat dit ’n produksiemodel sou word – het Lexus genoop om sy planne ná die oorweldigende positiewe ontvangs te hersien.

Brittanje kry hierdie naweek sy eerste kykie na die nuwe Lexus LC-koepee wanneer die motor by die Goodwood Festival of Speed onthul word en op die baan sal ry. Die storie agter die motor se ontwikkeling is net so bekorend as sy bekroonde ontwerp, en word deur die mense wat sy ontwikkeling van ’n koppedraaier-konsepmotor in ’n ewe ingrypende padmotor gelei het, vertel.

Die produksieweergawe is nie juis minder dramaties as die konsepmodel nie, en pronk met supermotor-agtige afmetings en ’n V8-enjin wat die agterwiele deur ’n outomatiese 10-gang-ratkas aandryf. Die kurwende romplyn en oorgrote wiele gee die LC 500 ’n atletiese voorkoms terwyl die massiewe Lexus-uurglassierrooster die voorkant oorheers.

Buiten sy stilering en indrukwekkende verrigting dien die nuwe LC 500 as simbool van die prestasie wat vermag kan word deur groter samewerking tussen ontwerp- en ontwikkelingsgroepe en hul verbintenis om te help om mekaar se hindernisse te oorkom.

Die hoofingenieur van die LC 500, Koji Sato, en die hoofontwerper, Tadao Mori, het hul spanne in ’n ongehoorde samewerking gelei en nuwe tegnologie en gevorderde materiale aangegryp terwyl hulle gevestigde Lexus-vervaardigingstradisies soos die hand-oog-koördinasie van die Takumi-vakmanskapsmense behou het.

lc-500-1_880x500

Toe die president van die Toyota-Motorkorporasie, Akio Toyoda, hierdie ontwikkelingsgroepe dus uitdaag om dié spesiale motor te bou, het dit beteken hulle sou enige vervaardigings-, ontwerp-, materiaal- en dinamiese hindernisse wat gewoonlik ’n voertuig se teiken- of ontwerpvisie sou onderdruk, oorkom.

Die ingenieurs- en ontwerpspanne het hul persoonlike insigte in die projek in ’n reeks onderhoude wat die kernontwikkelingsuitdagings gedek het, soos hoe hulle dit reggekry het om die uitstaande stilering van die oorspronklike LF-LC-konsepmotor in ’n lewensvatbare produksiemodel te verpak, weergegee.

Hul moeite sal hierdie naweek vrugte afwerp wanneer die produk ’n hoëprofiel-platform by die Goodwood Festival of Speed kry waar die V8-aangedrewe LC 500 ’n paar lopies teen die bekende opdraande in die heuwelren doen en as middelpunt van die Lexus-uitstalling ten toon gestel sal word.

Die Lexus LC 500 sal in die eerste kwartaal in 2017 in Suid-Afrika bekend gestel word. Verdere besonderhede sal nader aan die bekendstellingsdatum aangekondig word.

lex_lc500_1-06hr_880x500

Posted on by jonckie

Comments Off on Lexus LC 500 wat na SA op pad is, maak buiging by Goodwood Festival of Speed in VK