Hoe waaksaam is jy om jou voertuig te beskerm teen kapings?

Ons vriende by Netwerk24 / Wheels24 het ‘n video met ons gedeel van ‘n voertuigkaping wat illustreer hoe maklik dit kan wees vir kriminele om beheer van ‘n voertuig te neem wanneer ons nie op ons hoede is nie. Ons het dit ook verwys na die kenners van Hijack Prevention Academy om ‘n paar gedagtes hieroor te deel. Hul kommentaar us as volg:

“Hierdie lyk vir my na ‘n opportunistiese hijacking … dit was nie vooraf beplan nie, die hijackers het nie iewers gewag of weg gekruip nie … net toevallig straat af geloop en die geleentheid het hom voorgedoen.

Ongelukkig het die eienaar dit baie maklik gemaak om die voertuig te hijack;  deur oop, sleutel in die aansitter.  Ek neem aan die voertuig het geluier ook.

Indien die eienaar bewus was van haar omgewing, sou sy die twee aanvallers gesien het wat in haar rigting beweeg en kon sy eerder verby gery het, bv. om die blok om weer terug te keer wanneer die aanvallers reeds verby en weg is.

Die risiko was veel groter, veral omdat sy moes uitklim om die hek oop te sluit.  Geen outomatiese hek.

Indien sy ‘n outomatiese hek gehad het, was dit glad nie nodig om uit die voertuig te klim nie en kon sy moontlik reeds ingetrek het met die hek klaar toegemaak agter haar voordat die aanvallers nader was.  Met ‘n outamatiese hek is dit ook glad nie nodig om reg voor die hek toe stilstand te kom nie.  Jy kan jou voertuig parallel in die straat tot stilstand bring met flikkerlig aan totdat die hek oopgemaak en dan doodeenvoudig inry en sorg dat die hek direk agter jou toemaak.

Mense moet maar altyd bewus wees van enige voertuie of voetgangers wanneer hulle huiswaarts keer, veral in die straat waarin jy woon.”

Melinda Brussow

Operations Manager

NHPA

Tel:   012 661 1388

Cell:   073 161 2344

Fax:   0866 317 527

E-mail:   nhpa@hijack.co.za

Vir meer inligting oor hoe om jou te beskerm teen voertuigkapings besoek gerus:

Hijack Prevention Guidelines

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoe waaksaam is jy om jou voertuig te beskerm teen kapings?