Span saam vir Loslitdag 2016

Capture

Maak jou reg vir Loslitdag 2016! Die tema vir 2016 is so pas aangekondig: Span saam! Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek vir persone met gestremdhede. Die Loslitspan besoek verskeie stede en dorpe die land oor om die 2016 tema van stapel te stuur.

Volgens Loslitdag se projekleier Vanessa du Plessis het die publiek verlede jaar R27 miljoen geskenk. “Suid-Afrikaners is gek na sport en vanjaar is ‘n groot sportjaar: die Olimpiese en Paralimpiese Spele vind later in die jaar plaas. Loslitdag val met die aangeleenthede saam. Ons vra dat die publiek ons spanne ondersteun en terselftertyd ook persone met gestremdhede ondersteun.

“Dis ‘n dag waarop ons vra dat almal in SA gemaklik, formeel of sommer net verspot sal aantrek wanneer hulle werk toe gaan en die amptelike Loslitdagplakker sal dra.

Loslit Dag is a projek van die Nasionale Raad vir Persone met Fisiese Gestremdheid, ’n nie-winsgewende nasionale organisasie wat hom beywer om die behoeftes van persone met gestremdhede aan te spreek.

Loslitdag het oor die jare ‘n gunsteling op die kalender geword vir baie Suid-Afrikaanse sake-instellings. Sommige maatskappye gebruik dan Loslitdag as ‘n geleentheid vir hul korporatiewe spanbou dae, terwyl hulle ‘n bydrae maak tot een van ons land se mees kwesbare sektore.

Die Loslitspan besoek in Mei al die provinsies om deelnemende organisasies op hoogte te hou van die projek. “Ons nooi organisasies wat nog nie deelneem nie uit om te registreer. Hulle kan sodoende geld vir hul eie organisasie insamel – mits hulle persone met gestremdhede ondersteun.”

Loslitdag vind vanjaar op Vrydag 2 September plaas. Fondse word deur ‘n skenking van R10 vir ‘n plakker ingesamel ter ondersteuning van persone met gestremdheid se regte tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping te ondersteun… met ander woorde, volle inskakeling in die gemeenskap.

Kontak ons by 011 609 7006.
www.casualday.co.za
FB: www.facebook.com/casualdaySA
Twitter: @CasualDay_SA
#upyourgame
#CasualDay

Posted on by jonckie

Comments Off on Span saam vir Loslitdag 2016

Comments are closed.