Toyota oorgehaal vir 2016 veldtydren and tydren-kampioenskappe

 tgrsa16-5281_880x500

  • Toyota Yaris vir Nasionale Tydrenkampioenskap in Klas S2000
  • Toyota Hilux in nuwe FIA-klas in Donaldson-veldtydrenkampioenskap
  • Span as deel van Toyota se wêreldwye motorsport-strategie na Toyota Gazoo Racing SA hernoem

Toyota is ná ’n uiters suksesvolle motorsportjaar in 2015, gevolg deur ’n sterk vertoning in die Dakar-veldtydren vroeër vanjaar in Suid-Amerika, oorgehaal om die 2016-motorsportseisoen aan te durf. Die span, wat net soos in 2015 aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap sowel as die Donaldson-veldydrenkampioenskap sal deelneem, pronk hierdie seisoen met dieselfde jaers en navigators as verlede jaar.

Iets wat baie opwindend is, is die span se nuwe naam, Toyota Gazoo Racing Suid-Afrika, wat by die Toyota Motorkorporasie se wêreldwye motorsport-bedrywighede wat onlangs ook deur die Dakar-span aangeneem is, inskakel.

Maar wat beteken “Gazoo”? Die woord ‘Gazoo’ het ’n lang en trotse geskiedenis in Japan, en is sinoniem met rygenot, pret en renvernuf.

Die spanne is as volg saamgestel:

tgrsa16-5442_880x500

Tydrenne:

Leeroy Poulter, die pasgekroonde Suid-Afrikaanse Motorsportman van die Jaar, sal agter die stuur van ’n Toyota Yaris S2000 in vanjaar se Suid-Afrikaanse Nasionale Tydrenkampioenskap inskuif. Poulter, wat die jaerskampioenskap in 2014 gewen het, jaag soos verlede jaar saam met Elvéne Coetzee, die verdedigende Suid-Afrikaanse navigatorskampioen. Hulle het die 2015-seisoen as naaswenners afgesluit nadat hulle die titelstryd tot in die heel laaste tydren van die jaar gevoer het.

Die Dakar-spesialis Giniel de Villiers jaag in ’n tweede Toyota Yaris S2000, en saam met Carolyn Swan saam met wie hy verlede jaar derde in die algehele kampioenskap was. Dit het vir twee Toyota Yaris S2000-tydrenvoertuie onder die voorste drie op die podium gesorg.

Vanjaar se nasionale tydrenkampioenskap sien effens anders daarna uit, en skop op 4 en 5 Maart met die Goudvelde-tydren eerder as die tradisionele Durbanse byeenkoms af. Die seisoen hou egter net soveel opwinding as nog altyd in, en behels sewe kampioenskapsrondes in die Vrystaat, Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng en Mpumalanga.

“Verlede jaar was ’n fantastiese seisoen vir ons,” sê Glyn Hall, hoof van die Toyota Gazoo Racing SA-motorsportspan. “Leeroy en Elvéne was tot in die heel laaste ronde reg in die middel van die kampioenskapstryd, en waar dit die veldtydrenreeks betref, het die Toyota Hilux sake geheel en al oorheers.”

Toyota-tydren: Kaap-handelaarstydren, 16 en 17 September 2016.

tgrsa16-giniel-de-villiers-and-carolyn-swan-1_880x500

Veldtydrenne:

Toyota sal vanjaar weer twee Toyota Hilux-renvoertuie vir die 2016-Donaldson-veldtydrenkampioenskap inskryf, wat vanjaar in die nuwe FIA-afdeling vir produksievoertuie sal meeding. Hierdie nuwe afdeling is spesifiek bygevoeg om voorsiening vir Suid-Afrikaanse spanne te maak wat aan ander FIA-veldtydrenne sowel as die moordende Dakar-byeenkoms deelneem.

“Dit is ’n opwindende ontwikkeling,” verduidelik Hall. “Eerstens stel dit ons in staat om ons renvoertuie in bykans identiese Dakar-gewaad in te skryf, wat ons regdeur die jaar baie meer kilometers vir gedetailleerde toetswerk gee. Terselfdertyd open dit die deur vir internasionale spanne wat in Suid-Afrika wil kom deelneem, wat ’n groot bydrae tot die uitdaging en al die drama en opwinding in die renformule sal lewer.”

Die span het vanjaar reeds aan die 2016-Dakar-veldtydren deelgeneem, en De Villiers en sy jare lange navigator, Dirk von Zitzewitz, wat die plaaslik ontwikkelde Toyota Hilux wat ook hier gebou is, in ’n puik derde plek algeheel oor die wenstreep gestuur het. Hul spanmaats, Poulter en sy navigator, Rob Howie, het ’n fantastiese vyfde plek algeheel losgejaag – en dit in wat maar net hul derde Dakar-ren saam was.

Poulter en Howie het die 2015-Donaldson-veldtydrenkampioenskap geheel en al oorheers, en vyf algehele oorwinnings en ’n oorwinning in die eerste van die Toyota-1000-Woestynren se twee rondes aangeteken. Hulle het die kampioenskap met nog een ronde oor reeds beklink, terwyl hul spanmaats, die veelvuldige oudkampioene Anthony Taylor en Dennis Murphy, die naaswenners in die tweede Toyota Hilux was.

Dié twee spanne jaag vanjaar weer in die 2016-reeks, en hierdie keer in die jongste weergawe van die Dakar-toegeruste Toyota Hilux wat nou ’n turbolose V8-enjin van vyf liter het.

“Die Nuwe Toyota Hilux het opreg in ’n verfynde renvoertuig ontwikkel,” sê Hall. “Die weergawe waarmee ons op plaaslike bodem sal jaag, is vir alle praktiese doeleindes identies aan die voertuie wat in die Dakar-ren gebruik word, en selfs die kleurskema sal dieselfde wees. Dit beteken aanhangers sal ons Dakar-voertuie in verwoede vaart kan sien jaag ‒ presies net soos in die Dakar-ren.”

Die 2016-Donaldson-veldtydrenkampioenskap begin vanjaar op 1 en 2 April in die Noordwes-provinsie in Vryburg, die geestelike tuiste van veldrenne.

Toyota-veldtydren: Toyota-1000-Woestynren, 24 tot 26 Junie 2016, Jwaneng, Botswana.

“Motorsport sal ons by Toyota SA Motors altyd na aan die hart lê,” sê Calvyn Hamman, Toyota SA Motors se Senior Visepresident vir Verkope en Bemarking. “Ons het verlede jaar ’n fantastiese seisoen gehad, en wens al ons spanne net die beste vir 2016 toe. Hopelik kan ons ons vertoning in die 2015-seisoen ewenaar of selfs daarop verbeter.”

tgrsa16-leeroy-poulter-and-elvene-coetzee-3_880x500

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota oorgehaal vir 2016 veldtydren and tydren-kampioenskappe