1000 Nuwe Hilux-verkope in net een week

hilux-20_1800x1800

Toyota het ten spyte van swaarmoedige ekonomiese vooruitsigte weereens daarin geslaag om as Suid-Afrika se topverkoper-motorfabrikaat los te breek nadat nie minder nie as 8 743 voertuie in Februarie by hul nuwe eienaars afgelewer is ‒ 1 148 eenhede meer as die fabrikaat in die tweede plek.

Hierdie maand was ook baie kenmerkend vir die bekendstelling van die lang verwagte splinternuwe Hilux, wat sy buiging op 22 Februarie gemaak het. Dié model was ten spyte van die feit dat hy net ’n week lank op die mark was (en met sy voorganger uiters skaars weens die uitloop van die ou Hilux) het hy nogtans daarin geslaag om 1000 eenhede los te slaan. Iets wat egter nog meer merkwaardig is, is dat dit op die rug van net een enkele weergawe ‒ die dubbelkajuit ‒ gehaal is aangesien die ander rompweergawes eers die volgende paar weke beskikbaar sal word. Dit beteken uit ’n algehele kleinhandel-perspektief dat altesaam 2 260 eenhede van die Hilux (die ou en die nuwe weergawe) vir die maand verkoop is, wat hom die naasvoorloper op die topverkoper-lys maak.

Glenn Crompton, die Visepresident van Bemarking en Verkope by Toyota SA Motors, is uiters opgewonde oor die nuwe Hilux: “Ons handelaars het ’n ongekende vraag na die nuwe Hilux gehad namate kopers steeds op die verbeterde waarde vir geld van die nuweling tesame met sy vertroue om orals te ry en al sy gevorderde nuwe eienskappe, reageer. Dit was ’n merkwaardige ‒ en durf ek byvoeg: gepaste ‒ bekendstelling van die nuwe Hilux wat niks minder as ’n absolute Suid-Afrikaanse ikoon is nie. En wanneer sy sportnuts-stalmaat, die Fortuner, in April bykom, gaan die mededinging selfs nog erger wees.”

Ander sterk Toyota-verkopers in Februarie was die RAV4 (met sy segment-beste verkope van 498 eenhede), die Etios (1313), die Quantum (1291) en die Land Cruiser-bakkie (366). Die Prado en Land Cruiser 200 maak ook hul merk op die weeldewa-verkopelys ‒ 165 en 70 eenhede onderskeidelik het verlede maand nuwe tuistes gevind.

hilux-76_1800x1800

Posted on by jonckie

Comments Off on 1000 Nuwe Hilux-verkope in net een week