Toyota begin nuwe droommotor- kompetisie

Capture

As jy jou verbeelding vrye teuels kan gee, buitengewoon kreatief is en jonger as 15 jaar oud is, is Toyota Suid-Afrika Motors op soek na jou. En as jy daarvan hou om te teken, moet jy vir die tiende jaarlikse Toyota-droommotor-kunskompetisie inskryf. Die kompetisie strek van 15 November 2015 tot 1 Maart 2016.

Die Toyota-droommotorkompetisie is daarop uit om geleenthede vir kinders regoor die wêreld te skep om ’n belangstelling in motors te kweek en hulle die genot en belangrikheid van ’n droom deur prentjies van hul droommotors te laat smaak. Die kompetisie is deur Toyota se president en uitvoerende hoof, Akio Toyoda, in die lewe geroep. Hy wou ’n platform skep om kinders te leer om drome en verbeelding te gebruik en hul belangstelling in motors te stimuleer. Mnr. Toyoda is ten spyte van sy veeleisende en druk program persoonlik die hoofbeoordelaar van die kompetisie.

“Die droommotorkompetisie gee Toyota ’n kykie in die gedagtes van kinders regoor die wêreld,” het Glenn Crompton, Vise-President van Bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors, gesê. “Dit help ons om hul hoop en drome vir hul lande en die wêreld in die algemeen te sien. Dit bied ons ook ’n platform om Suid-Afrika se talente aan die wêreld te openbaar. Hierdie kompetisie lê ons na aan die hart en ons is altyd opgewonde om te sien wat die kinders van Suid-Afrika vir ons in die vooruitsig stel. Ek hoop om alle kinders in Suid-Afrika aan te moedig om in te skryf. Ons sal graag jul drome wil sien.”

Die kompetisie het in 2004 begin en het ’n aansienlike toename in Suid-Afrika ervaar ‒ net oor die 350 in die eerste jaar tot meer as 13 000 inskrywings verlede jaar. Die kompetisie word een keer per jaar gehou, en Toyota-filiale regoor die wêreld hou ’n landwye kompetisie in drie ouderdomsgroepe: jonger as agt jaar, agt tot elf jaar, en twaalf tot 15 jaar. Die vyf beste inskrywings wen pryse op ’n nasionale vlak, en die drie beste kunswerke word vir die internasionale deel van die kompetisie wat in Japan deur Akio Toyoda self beoordeel word, ingeskryf.

Vanjaar se tema is “jou droommotor”. Alle deelnemers word aangemoedig om hul verbeelding los te laat en die motor van hul drome te skets. Die motor kan vlieg, die omgewing suiwer, kinders se lewe red, en selfs help om wêreldvrede te bewaar.

Die kompetisie sal deur ’n paneel beoordeel word, onder wie Toyota Suid-Afrika se skeppende span en die kreatiewe direkteure van die Johannesburgse advertensie-agentskap FCB.

Inskryfvorms sal aan sekere skole regoor die land gestuur word en sal ook by alle Toyota-handelaarskappe beskikbaar wees. Daarbenewens is alle inligting, waaronder die plakkaat, inskryfvorm en die bepalings en voorwaardes sowel as die lys skole op Toyota se webblad beskikbaar by www.toyota.co.za.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota begin nuwe droommotor- kompetisie