Toyota steeds leier in voertuig verkope

Hilux 2015  2 

  • Hilux herwin plek as topverkoper
  • Eenmiljoenste Hilux in Suid-Afrika verkoop

 

Marksegment Jul 2014 Jul 2015 %-verandering
Passasiersvoertuie 40,015 36,506 -8.8%
Ligte handelsvoertuie 14,979 15,090 0.7%
Medium handelsvoertuie 855 841 -1.6%
Swaar handelsvoertuie 426 420 -1.4%
Ekstraswaar handelsvoertuie 1,255 1,184 -5.6%
Busse 106 71 -33%
Uitvoer 22,736 28,291 24.4%
Algehele mark (plaaslik) 57,636 54,112 -6.1%

Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het sy markaandeel in Julie met verkope van altesaam 11 235 nuwe Toyota-voertuie tot 20.8% verhoog, terwyl die immergroen Toyota Hilux sy posisie as Suid-Afrika se grootste verkoper nog herwin het.

Calvyn Hamman, Senior Vise-President vir Verkope en Bemarking by TSAM, stel dit as volg: “Julie was ’n ongelooflike suksesvolle maand vir Toyota – veral die Hilux wat 20 498 eenhede vir die jaar tot nou verhandel en die fantastiese mylpaal van een miljoen plaaslike verkope aangeteken het – ’n ongeëwenaarde verkoopsukses in Suid-Afrika!”

Die Hilux, wat sy Suid-Afrikaanse buiging in 1969 gemaak het, is nou in sy 7e geslag met die splinternuwe 2016-Hilux wat in Februarie aanstaande jaar bekend gestel word. “Die Hilux, wat by ons aanleg in Prospecton vervaardig word, is ongetwyfeld een van TSAM se kernprodukte, en om sy posisie as algehele topverkoper in Suid-Afrika te herwin, is ’n groot prestasie en absolute bewys van die voertuig se puik gehalte en waarde wat nooit in twyfel getrek kan word nie,” sê Hamman.

Ander topverkopers in die Toyota-stal sluit in die Corolla Quest wat in Julie weens sy puik waarde vir geld digby die 1 000 verkope aangeteken het, en die Fortuner en die RAV wat hul oorheersing in hul onderskeie marksegmente met verkope van 717 en 597 onderskeidelik voortgesit het. Daarbenewens stu Toyota se intreevlak-produk, die Toyota Etios, steeds voort met ongekende sukses van meer as 1 500 eenhede per maand.

Wat vragmotors betref, het Hino Suid-Afrika 371 eenhede van die hand gesit – ’n stewige vertoning in ’n marksegment wat voortdurend daal.

Hoewel Julie ’n algehele markdaling van 6,1% verteenwoordig, is Hamman en Toyota steeds positief oor die mark se bestendigheid wat die res van 2015 betref. “Die verbruiker is ten spyte van die rentekoersstyging in Julie, die voortgesette onsekerheid oor die brandstofprys en die status van energievoorsiening steeds versigtig vir enige langtermynskuld. Ons glo egter dat die mark die teiken van 630 000 eenhede wat vroeër vanjaar voorspel is, steeds gerieflik sal haal,” sê Hamman.

Wat finansiering betref, het Toyota Finansiële Dienste (TFS) ’n opwindende bedryfseerste vir dié finansieringsarm van Toyota onthul – die uitstaande gewaarborgdetoekomswaarde-finansieringsaanbod (GFV) vir die hele Fortuner- en Corolla 1.6 Quest-modelreekse. “Die produk behels ’n finansieringsooreenkoms met ’n gewaarborgde toekomswaarde, wat kopers die vryheid gee om hul gunsteling-voertuig aan te skaf sonder die risiko van die ballonbetaling wat tradisionele finansieringsprodukte kenmerk. TFS waarborg die eindbetaling, wat op sy beurt die minimum-waarde van die voertuig aan die einde van die ooreenkoms waarborg en dus verseker dat die waarde wat nodig is om die laaste betaling te dek, ten minste behaal word,” het Marius Burger, Uitvoerende Hoof van TFS, gesê. “Ons het ’n baie besige tydperk in Julie ervaar met meer as 8 100 nuwe Toyota-finansieringsaansoeke wat verwerk is – ’n  styging van 12% teenoor die vorige maand en ’n baie belowende 24%-styging teenoor die bewegende sesmaande-gemiddelde.”

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota steeds leier in voertuig verkope