Wenke oor bystand in die geval van ‘n aanval van epilepsie

epilepsie

Ons deel graag inligting van CrisisonCall aan hul lede rakende stappe om te neem in die geval waar iemand wat aan epilepsie ly ‘n aanval kry:

Indien jy moet raai, hoeveel mense in Suid-Afrika sal jy sê ly aan epilepsie? 50 000? 150 000? 500 000?

Indien jy 500 000 geraai het, is jy reg. Dit beteken dat een uit elke 100 mense aan epilepsie ly. (Bron: Health24.)

Dit beteken ook dat jou kans baie goed is om iemand te sien wat ʼn epileptiese aanval kry. Hier volg ‘n paar wenke om seker te maak dat daar in so ʼn geval korrek opgetree word:

  • Probeer so kalm as moontlik bly.
  • Probeer om alles om die persoon te verwyder sodat hy homself nie beseer tydens die aanval nie.
  • Bly ook uit die persoon se pad indien hy baie erge konvulsies kry.
  • Moet ook nie iemand wat ʼn aanval kry probeer vashou of vasdruk nie.
  • Bel dadelik die CrisisOnCall noodnommer al is die persoon nie lid nie. Mediese personeel sal jou van advies voorsien en ʼn ambulans uitstuur.
  • Moet onder geen omstandighede iets in die persoon se mond druk nie.
  • Sodra die konvulsies stop, plaas die persoon in ʼn herstelposisie. Draai die persoon se kop ook só dat hy nie kan verstik indien hy wil opgooi nie.
  • Maak seker die persoon haal gemaklik asem en dat daar niks in sy mond is nie.
  • Moenie die persoon enige kos, vloeistowwe of medikasie ingee alvorens hulle nie ten volle wakker is nie.
  • Bly by die persoon totdat hy ten volle herstel het – ongeveer 20 minute.

Die meeste epilepsielyers reageer baie positief op medikasie. Maak seker dat die persoon by ʼn dokter uitkom vir verdere ondersoek en medikasie.

Elke epilepsielyer moet ʼn CrisisOnCall bandjie dra sodat paramedici onmiddellik daarvan weet en ook bewus is van watter medikasie sy pasiënt gebruik.

Besoek ook:

Medicine, Medication and Road Safety

MEC Mahlangu encourages support for epileptic patients

Posted on by jonckie

Comments Off on Wenke oor bystand in die geval van ‘n aanval van epilepsie