Niemand met onvoldoende sig in een oog mag ‘n vragmotor bestuur nie!

Eyesight and Safe DrivingVraag:

Ek is gebore met gloukoom in my regteroog.  Ek het ongeveer 25 jaar gelede my swaar voertuiglisensie (EC) bekom.  In 2004 kon ek nie my Openbare Bestuurspermit (PDP) bekom nie, as gevolg van my oog en die Verkeersdepartement skrap toe my lisensie.

Ek bestuur sedertdien sonder ‘n lisensie, maar kan nie die waarde van my vragmotor benut nie.  Ek hernu wel jaarliks die vragmotor en sleepwa se lisensie.

Ek het my vragmotor nodig vir die volgende:

  1. vervoer van vee tussen plase
  2. om voer te gaan haal (openbare transport sien nie kans nie, a.g.v. sleg paaie)
  3. om skeerders te gaan haal
  4. om arbeiders te vervoer
  5. om stene te vervoer vir die uitbou van damme

Net terloops, my neef het ‘n swaar voertuig lisensie en hy is gebore met net 1 arm.  Dit laat my voel dat hulle teen my diskrimineer.

Ek het al alles probeer, het al selfs met Agri SA en Afriforum ook gekorrespondeer.

Kan julle my dalk help?

Antwoord:

Ongelukkig laat die wetgewing geensins toe dat iemand met onvoldoende sig in een oog ‘n trok mag bestuur nie. Daar is nie eers voorsiening vir ‘n vrystelling onder omstandighede nie.

Indien ‘n persoon nie voldoende sig in beide oë het nie mag hy nie ‘n lisensie groter as ‘n EB bestuur nie.

Die wetgewing laat nie eers die Minister toe om iemand in die geval vry te stel nie.

Alta Swanepoel & Associates

Besoek ook:

Vragmotorversekering

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Niemand met onvoldoende sig in een oog mag ‘n vragmotor bestuur nie!