Boere, Plaaswerkers en Polisie span saam en keer plaasaanvallers aan in Memel

10985453_1610004392578979_6034635108994492417_o (1)

Die gemeenskap van Memel is tot stilstand geruk nadat die bekende egpaar Mr. Jaco en Bessie Maritz op hulle plaas net buite Memel deur ses verdagtes aangeval is. Die voorval het volgende berigte net na 14:30 plaasgevind. Danksy vinnige en parate optrede het die plaaswerkers oorgegaan tot aksie en hulp is ontbied.

Boere en die plaaslike SAPS was binne minute op die toneel en die verdagtes het in die Maritze se Toyota Hilux bakkie en nog ;n kleiner voertuig op die vlug geslaan in die rigting na Memel. In die Hoofstraat is die kleiner voertuig deur ‘n bakkie van die die pad afgestoot en na ‘n paar skote is vier verdagtes aangekeer.

Die ander was op vlug met die Toyota Hilux op die R34 pad maar is by ‘n Stop en ry vasgekeer en het probeer om per voet te vlug. 1 is gevang en nog een verdagte word gesoek. Die Maritze het niks oorgekom nie. Mr. Maritz is ‘n boer in die omgewing en ‘n oud skolier aan die Hoërskool Vrede. Me. Maritz bestuur haar eie Ouditeur besigheid in Memel.

Memel SAPD het die inhegtenis name bevestig. Alle gesteelde goedere is ook terug gevind – Memel Rekord/Vrede Rekord

Besoek ook:

Crime as a Threat to Road Safety

Afriforum het die volgende fotos gedeel van vuurwapens gekonfiskeer na die plaasaanval:

1902939_933545090010724_7325867098232078181_n

22527_933543643344202_6960904783601443122_n

10678639_933536850011548_645257313201509913_n

Posted on by jonckie

Comments Off on Boere, Plaaswerkers en Polisie span saam en keer plaasaanvallers aan in Memel