Toyota skenk twee voertuie aan die kinderkankerstigting van Suid-Afrika

Choc 1

Die Toyota Knights, ’n uitgesoekte groep Toyota-verkoopsmense, het pas ’n nuwe Avanza aan CHOC – die kinderkankerstigting van Suid-Afrika – geskenk.

Die Toyota Knights het in 1985 as ’n uitgesoekte groep topverkoopsmense ontstaan en gevorder tot ’n groep wat nou daarop fokus om hulself te ontwikkel, aan die gemeenskap terug te gee en ander in hul strewe om die beste te wees, te motiveer.

Die Knights lewer by wyse van winsgewendheid ook ’n aansienlike bydrae tot hul handelaarskappe.

Hul verantwoordelikhede en pligte is om die voorbeeld te stel deur gebalanseerde professionele mense in hul werksomgewing, hul gemeenskap sowel as in sosiale en omgewingsaktiwiteite te wees.

“Ons is absoluut verbind tot die liefdadigheidsinstellings wat ons steun,” sê Martin Erwee, nasionale voorsitter van die Toyota Knights. “Dit is deel van ons natuur as ’n Toyota-ridder om iets aan die gemeenskap terug te gee. Ons hou regdeur die jaar talle geldinsamelingsbyeenkomste om bewustheid van CHOC te verhoog en geld in te samel. Ons byeenkomste word goed deur die Toyota Knights en hul vriende en familie ondersteun.”

Die Toyota Knights in die Noordelike en Sentrale streke kies elke jaar ’n liefdadigheidsorganisasie wat deur hul geldinsameling bevoordeel kan word. CHOC is vanjaar as voorkeur-instelling aangewys.

CHOC is ’n nie-winsgewende organisasie wat gemeenskappe met die behandeling van kinders met kanker ondersteun en bevorder vroeë en volledige diagnose.

“Ons is baie dankbaar aan die Toyota Knights vir hierdie groot geskenk,” sê Carl Queiros, uitvoerende hoof van CHOC. “Hierdie motor sal ons help om kinders se lewe te red. Dit stel ons in staat opm kankerpasiënte na en van behandelingsgeriewe te vervoer en verseker dat ons ook met verblyf kan help.

“Ons sien baie uit na ’n lang verhouding met die Toyota Knights. Ons hoop hulle kan voortgaan om so groot verskil in hul gemeenskappe te maak.”

Toyota Suid-Afrika Motors het op verrassende wyse ingespring en ’n tweede voertuig aan CHOC geskenk.

“Dit is ter ondersteuning aan die puik werk wat die Toyota Knights gedoen het dat ons met groot genot ’n tweede voertuig aan CHOC skenk,” sê Calvyn Hamman, Senior Vise-President van Verkope en Bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors.

“Die Toyota Knights het ’n puik voorbeeld gestel hierdie instelling deur genadelose toewyding en harde werk te steun. Ons salueer die Toyota Knights! Ons hoop dat die tweede voertuig ’n selfs nog groter verskil in die lewe van die kinders wat deur CHOC ondersteun word, sal maak,” sê Hamman.

Choc 2

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota skenk twee voertuie aan die kinderkankerstigting van Suid-Afrika