Luister maar na daardie SMS waarskuwing om jou voertuig te beveilig teen haelskade!

Al hoe meer versekeraars gee waarskuwings deur teksboodskappe [SMSé] aan hul kliente rakende die gevaar van hael en stormskade. Dit is belangrik om te besef dat hierdie nie maar net ‘n “bemarkings -foefie” is nie. Dit is nie maar net een ou wat verveeld by die venster uitkyk, ‘n paar wolke sien en almal op hol jaag nie. Versekeraars werk nou saam met die weerkantoor en bepaal volgens wetenskaplike berekeninge wanneer om wel so ‘n waarskuwing uit te reik.

Die afgelope week was daar ook sulke waarskuwings in die Kimberley omgewing. ‘n Vriendin het op Facebook so ‘n waarskuwing gedeel:

Capture

Die Diamond Fields Advertiser in Kimberely kon dan ook later daardie dag rapporteer oor hierdie storms. Alhoewel daar nie die verwagte hael voorgekom het nie was daar baie waterskade!

11021071_796051720487583_6171815185618975396_n

10928200_796055267153895_2555883534468398064_n

Soortgelyke waarskuwings aan die begin van Februarie deur OUTsurance het ook talle motoreienaars in staat gestel in Pietermaritzburg om hul voertuie te beveilig teen haelskade! Daar was groot waardering deur diegene wat ag geslaan het op hierdie waarskuwings!

Ons deel graag van die terugvoer van kliente wat deurgeloop het onder die hael in Pietermaritzburg:

Posted on by jonckie

Comments Off on Luister maar na daardie SMS waarskuwing om jou voertuig te beveilig teen haelskade!