Grypdiewe hoef nie altyd aan die wenkant te wees nie!

‘n Gereelde besoeker aan die Arrive Alive webwerf het fotos gestuur van ‘n onlangse “gryp-en-steel” [smash-and-grab] wat lelik verkeerd geloop het vir die misdadigers. Die hele doel van hierdie aksie is om vinnig besittings te neem en dan weg te hardloop! In hierdie geval is die grypdief egter vasgevang en ‘n bietjie saamgeneem vir iets […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Grypdiewe hoef nie altyd aan die wenkant te wees nie!

Veediefstal ‘n ernstige bedreiging vir boere oor die hele Suid-Afrika

‘n Misdaad wat dikwels onderrapporteer word in Suid-Afrika is die diefstal van vee. Gedurende die afgelope jaar het die polisie wel verskeie deurbrake gemaak met die aankeer van misdadigers. Dit is veral in die Oos-Kaap, Mpumalanga, KwaZulu-Natal, Vrystaat en Limpopo waar hierdie misdaad voorkom. Die adjunk-minister van landbou Genl Bheki Cele het ook in September ‘n […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Veediefstal ‘n ernstige bedreiging vir boere oor die hele Suid-Afrika

Groot brandskade aan huis in Bloemfontein na weerligstraal huis tref

Ons vriende by Trauma Response Africa het fotos gedeel op hul Facebook bladsy van groot skade aan ‘n huis in Bloemfontein nadat ‘n weerligstraal die huis getref het. Hierdie storie het ook verskyn op die bladsy van Bloemnuus met die volgende bewoording: “Die Erasmus-gesin van Swartwitpensstraat, Woodland Hills, se huis is gistermiddag laat deur ‘n […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Groot brandskade aan huis in Bloemfontein na weerligstraal huis tref

Toyota speel groot rol in reusevlag-projek

Die Kamdeboo-streek in die Karoo sal oor drie jaar die toneel van ’n unieke gesig (die eerste keer ter wêreld) wees – ’n reusagtige Suid-Afrikaanse vlag wat van die buitenste ruim af sigbaar sal wees. Toyota Suid-Afrika sal as amptelike voertuigvennoot die dryfkrag agter die Reusevlag-projek wees deur verskillende voertuie te skenk wat vir die […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota speel groot rol in reusevlag-projek

Die dag toe ‘n stofstorm rol soos ‘n brander oor die Vrystaat!!

Diegene wat bly in die Vrystaat is al gewoond aan ‘n bietjie stof! Hierdie afgelope week was egter vir talle van ons ‘n ietwat skrikwekkende ervaring toe ‘n aansienlik groot stofstorm soos ‘n brander oor die Vrystaat gespoel het! Ek kon dit eerstehands aanvaar vanuit hoog in die lug. Tydens ‘n vlug op Mango vanaf […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Die dag toe ‘n stofstorm rol soos ‘n brander oor die Vrystaat!!

Motoris maak voorstelle vir ‘n veiliger N14

Ons deel graag ‘n e-pos soos gestuur na die Arrive Alive webwerf: “Ek sien daar was vanoggend weer ‘n ongeluk op die N14 en daar is ook berigte van ongelukke waarin voetgangers die afgelope ruk doodgery is op hierdie selfde stuk pad. Ek het vanoggend ingebel, maar toe verstaan die meisie nie mooi nie en […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Motoris maak voorstelle vir ‘n veiliger N14

Toyota-Handelaars Wys Die Omgewingsweg Aan

Die beskerming van die omgewing en die daarstelling van ’n volhoubare Suid-Afrika is nog altyd een van Toyota Suid-Afrika Motors se grootste voorkeure. Verskillende programme is ontwikkel om die uitwerking wat Toyota se vervaardigingsaanleg in Durban sowel as sy bedrywighede in Johannesburg op die omgewing het, te verminder. Toyota het as deel van sy doelwit […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota-Handelaars Wys Die Omgewingsweg Aan

Giniel De Villiers gelukkig met voorbereiding vir Dakar tydens Morroco veldwedren

Giniel de Villiers het sy tevredenheid uitgespreek met die voorbereiding vir Dakar na afloop van die veldwedren in Morocco.  Hierdie wedren het vir Giniel de Villiers en sy navigator Dirk Von Zitzewitz 6 dae van behoorlike voorbereiding gebied om die voertuig te toets en die nodige aanpassings te doen met die oog op die Dakar […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Giniel De Villiers gelukkig met voorbereiding vir Dakar tydens Morroco veldwedren

Verontagsaming van padreëls plaas opwaartse druk op premies vir motorversekering

Ons kan probeer slim wees en allerlei oorsake vir die dodetal op ons paaie aanvoer. Dit is egter heel eenvoudig – roekelose bestuur en die verontagsaming van padreëls is die grootste oorsaak van noodlottige ongelukke! Dit het onlangs uit statistieke duidelik geblyk watter impak dronkbestuur oor “betaal -naweke” in die Kaap het. Dit is veral ons […]

Posted on by jonckie

Comments Off on Verontagsaming van padreëls plaas opwaartse druk op premies vir motorversekering

CMH Green Machine – dié leier in waterlose karwas-metodes

• Hierdie Suid-Afrikaanse innovasie word reeds na verskeie lande uitgevoer • Die stelsel spaar tót 199 liter water per voertuig • Alle wasmiddels is omgewingsvriendelik “Ek stel voor ons was al ons motors – sowat 550 000 eenhede elke jaar – met feitlik géén water nie. Ek stel boonop voor dat elke motor in minder […]

Posted on by jonckie

Comments Off on CMH Green Machine – dié leier in waterlose karwas-metodes