Dit is tyd dat ons almal bietjie terugkom aarde toe met ons bestuurvermoëns

IMG_3170

Arnie Meneghelli, Johan Jonck, Eugene Herbert, Scully Levin

Ons verwys heel dikwels na die gevare van te veel selfvertroue op die pad! Ek het gister weer bewus geword van die belangrikheid om die onderskeid te tref tussen bravade en kundigheid – welliswaar nie op die pad nie maar in die lug!

Ek was bevoorreg om ‘n uitnodiging te kon aanvaar van Gabriel vir ‘n vlug saam met die Gabriel vliegspan. Ek en Eugene Herbert, ‘n kundige in gevorderde motorbestuur, is geneem op ‘n vlug deur die baie ervare Arnie Meneghelli en Scully Levin.

Dit was gou duidelik met watter bekwaamheid en professionalisme hierdie manne hul “aerobatic” bewegings uitvoer – daar is ‘n stille selfvertroue wat kom met ervaring. Dit sal baie maklik wees vir hierdie vlieeniers om met ‘n paar ekstra bewegings vir die selfvoldane passasier na sy gemaksakkie of “comfort bag” teen die kant te laat gryp.

Terug op moeder aarde kon ek nie anders as om met Eugene hieroor te gesels nie. Hy vertel toe ook dat by die opleiding in gevorderde motorbestuur daag daar heel dikwels van die jonger manne op  -mooi aangetrek met die nuutste “racing shoes”. Die selfvertroue is daar maar nog nie naastenby die vaardighede wat vereis word vir veilige bestuur nie!

Ons paaie sal aansienlik veiliger wees indien ons meer verdedigend bestuur en besef dat ons dalk nie oor al die bekwaamhede beskik in noodsituasies wat ons onsself so maklik toe-eien nie !

Vir meer oor verdedigende bestuur besoek gerus:

Defensive Driving and Road Safety

IMG_3132

Posted on by jonckie

Comments Off on Dit is tyd dat ons almal bietjie terugkom aarde toe met ons bestuurvermoëns