Toyota lei plaaslike voertuigverkope in Oktober

 

  • Tiende agtereenvolgende maand van markleierskap
  • Sterk vertoning deur hele bedryf

 

Marksegment Okt 2013 Okt 2014 %-verandering
Passasiersmotors

40 020

40 666

1,6%

Ligte handelsvoertuie

13 886

15 827

14%

Medium handelsvoertuie

999

937

-6,2%

Swaar handelsvoertuie

456

531

16,4%

Ekstraswaar handelsvoertuie

1 154

1 312

13,7%

Busse

93

111

19,4%

Uitvoer

24 192

32 169

33%

Algehele mark (plaaslik)

56 608

59 384

4,9%

 

Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het sy posisie as markleier voortgesit nadat hy in Oktober 12 049 nuwe voertuie van die hand gesit het – ’n markaandeel van 20,3% van die algehele verkope van altesaam 59 384 eenhede wat by die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) aangemeld is. Die maatskappy het ook ’n bydrae van 5 754 eenhede tot die uitvoermark gelewer, wat ’n aandeel van 17,8% verteenwoordig.

Die Hilux is steeds Toyota se sterkste verkoper en altesaam 3 421 bakkies is in Oktober afgelewer. Dié model is ook Toyota se sterktste uitvoerproduk, waarvan 5 361 eenhede na Afrika en Europa uitgevoer is. Wat passasiersmotors betref, het die Toyota Corolla/Quest-kombinasie tot verkope van 2 254 eenhede gelei, terwyl die immer gewilde Etios ’n positiewe verkopemaand gehad met 1 671 eenhede wat ’n nuwe tuiste by Suid-Afrikaanse gesinne gevind het.

“Verkope van nuwe voertuie, veral in die ligte, swaar en ekstraswaar handelsvoertuigsegmente, is bewys van ’n veerkragtige mark wat op positiewe groei dui en op ’n styging van digby 5% teenoor dieselfde tydperk verlede jaar neerkom,” sê Dr. Johan van Zyl, Toyota Suid-Afrika se President en Uitvoerende Hoof, en voeg by dat die motorverhuringsegment ’n gesonde maand met ’n styging van 25,2% teenoor verkope in Oktober 2013 gehad het.

“Die mark het alle verwagtinge en voorspellings oortref – voorspellings het vroeër vanjaar daarop gedui dat algehele verkope vir die jaar met tot 4% sou daal, dog het nog ’n goeie maand ons tot bykans 1,8% agter die 2013-syfer vir die jaar tot nou geneem. As hierdie neiging voortduur, is daar ’n goeie kans dat die mark 2014 met soortgelyke syfers as dié van die algehele 2013-verkope sal afsluit,” sê Van Zyl.

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota lei plaaslike voertuigverkope in Oktober