Verontagsaming van padreëls plaas opwaartse druk op premies vir motorversekering

Ons kan probeer slim wees en allerlei oorsake vir die dodetal op ons paaie aanvoer. Dit is egter heel eenvoudig – roekelose bestuur en die verontagsaming van padreëls is die grootste oorsaak van noodlottige ongelukke! Dit het onlangs uit statistieke duidelik geblyk watter impak dronkbestuur oor “betaal -naweke” in die Kaap het.

Dit is veral ons jonger bestuurders wat laat in die aande en onder die invloed van alkohol en dwelms bestuur wat ‘n besonder gevaarlike groep van padgebruikers is! Hierdie is redes waarom ons jonger bestuurders soveel duurder moet betaal vir motorversekering. Versekeringsmaatskappy wat al meer op telematie [ insurance telematics] konsentreer probeer nou om ‘n onderskeid tref by die berekening van premies vir diegene wat laat in die aand bestuur teenoor diegene wat bestuur in die nag probeer vermy!

Meeste ongelukke word voorafgegaan deur die nie-nakoming van padreëls. Hierdie sluit in:

  • Dronkbestuur
  • Bestuur vinniger as die spoedgrens
  • Versuim om te stop by verkeersligte en ander kruisings
  • Onwettige verbygaan van voertuie
  • Bestuur terwyl die aandag afgelei is deur gesprekke op selfoon, stuur van teksboodskappe ens.

Dit is kommerwekkend watter swak benadering ons bestuurders het ten opsigte van die padreëls. Gister was ons stomgeslaan met ‘n antwoord op twitter na aaneiding van ‘n “tweet” om die padreëls na te kom. Ons deel dit graag:

Padreëls en verkeerstekens is nie maar net iets wat uit die duim gesuig word net omdat iemand iewers die behoefte kry om iets nuuts te skep nie. Ons moet bewus wees watter tekens is voorskriftelik, waarskuwend en aanwysend! Dit is nie maar net vir die bestuurder om te besluit watter is meer en minder belangrik nie! Die bestuurder wat nie hierdie tekens ken en gehoorsaam nie moet liefs dit nie op die paaie waag nie – vir ons elkeen se veiligheid!

Die beste manier om jou eise teen die versekering te beperk is om verdedigend te bestuur en om bedag te wees op al die gevare! Dit is ook noodsaaklik dat ons voortdurend ons bestuur aan te pas by die omstandighede.

Vind meer hieroor op die volgende skakel:

Defensive Driving and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Verontagsaming van padreëls plaas opwaartse druk op premies vir motorversekering