Motoris maak voorstelle vir ‘n veiliger N14

Ons deel graag ‘n e-pos soos gestuur na die Arrive Alive webwerf:

“Ek sien daar was vanoggend weer ‘n ongeluk op die N14 en daar is ook berigte van ongelukke waarin voetgangers die afgelope ruk doodgery is op hierdie selfde stuk pad.

Ek het vanoggend ingebel, maar toe verstaan die meisie nie mooi nie en toe moet ek seker maak van die middelste twee nommers. Ek het 180 gery en kon hom steeds nie inhaal nie – terwyl sy met my oor die foon praat. Ek het vir haar gesê hoeveel ek ry – en sy was so geskok – wou nie dat ek die man inhaal nie – ek moes dadelik stadiger ry. Die punt wat ek maak is dat ons elke dag in lewensgevaar op daardie pad is.

Ons praat hier van spoed wat mense in die tronk kan laat beland. En dit was nadat ons almal op die gras verby die verkoolde kar moes ry. Ek sou graag wou weet wat die kar se nommer was – want daar jaag gereeld Audi A3’s teen vreesaanjaende spoed tussen ons deur.

Nou het ek gewonder:

1) Ek is ‘n Afrikaanse taalonderwyseres, maar tans nadoktorale genoot by ‘n universiteit
2) Dit is vir dosente goed om gemeenskapswerk te doen – en ek dink dit kan my taak word om te help om padvarke aan die kaak te stel. Hulle dink die regterkanste baan behoort aan hulle. Hulle gebruik nie flikkerligte nie en teen daardie spoed wat hulle ry, kan ek nie skielike bewegings maak – soos om vir hulle pad te gee nie.
3) Ek dink padveiligheid en padgebruik moet deel van een van ons skoolvakke word – sal kyk watter een, MAAR –
4) Kinders kan onmoontlik geleer word wat ‘n padvark is en vir sy PADVARK pa sê dat hy ‘n padvark is – ek dink daai soort mense sal ‘n kind vergruis as hy of sy sou waag om te sê dat pa eintlik die verkeerde persoon is
5) In vanoggend se ongeluk is twee ander mense saam met die bestuurder dood. As hy een van die gereelde padvarke op die pad was, is sy passassiers in sy genade oorgelaat om dood te brand.
6) Dit is amper kersfees, maar daar is nog genoeg tyd – wat van ‘n veldtog? Die minsister van verkeer Dipuo Peters sê in vandag se koerant dat iets aan die saak gedoen moet word.

IDEES
1) Shapiro teken prentjies van padvarke –
* die trailer trash wat so naby aan ander karre ry dat dit lyk of die persoon deel van jou passassiersitplek is
* die wat teen jou verbykom omdat jy kastig verkeerd is
* die wat voor jou inswaai en vir jou tekens gooi asof jy die verkeerde een is – die pad het ‘n spoedgrens
* die wat voor ander karre gaan rem
* die wat uit hulle karre klim en ander mense dreig

2) ‘n lyn waarheen mens kan sms – die nommer van die kar, tussen watter twee dorpe en watter dorp die naaste is en die tyd sodat daar ‘n databasis opgebou kan word. Die nommers van mense oor wie baie gekla word moet in koerante beskikbaar gestel word – name and shame. Die ene van vandag se nommer is nogal GO FISH GP. te lekker maklik om te onthou.

3) Indien ‘n motor van die pad afgetrek word, moet die verkeersman sommer ook statistiek kry – hoe lank die rit geduur het en die gemiddelde spoed oor die afstand

4) ‘n Veldtog waarin mense gevra word om hulle HAZARDS aan te sit as hulle deur ‘n bestuurder – wat bo die spoedgrens jaag – bedreig word. So kan mens spiedies op ‘n afstand waarsku om gereed te wees, meneer padvark is op pad. Mnes weet nooit of dit ‘n kar is wat gesteel is nie. So waarsku mens sommer almal om jou.

Wat ek vind is dat die goed skielik verstaan wat volgafstand is as ek my hazards aansit – ek kan dan weer hulle ligte sien en ek het dan tyd om te rem as iets voor my inhardloop. Wat ook werk is om reënvëers aan te sit, Binne sekondes sien mens die karretjie se wipers aangaan en val hy terug. O ja, dan weet hulle ook sommer van mooi verbygaan. So nou en dan kom een dommie voor jou ry, maar jy het mos sy houding gesien toe hy verbykom – dan ry jy stadiger en hy moet besluit of hy vir jou gaan wag om hom in te haal – en of hy verder gaan ry.

Intussen – ons sal sowaar elke oggend stop en vir die spiedies koffie aandra, maar asseblief, daar moet sigbare polisiëring op die N14 kom. Ek dink al die goed wat die tolpaaie vermy, kom nou op hierdie pad aangejaag.

Ek wil graag kyk wat ek van my universiteit se kant af by die gemeenskapsprojekte afdeling gedoen kan kry – ek sal met graagte navorsing oor die sukses van die projek wil doen.

So terloops, vanoggend jaag ‘n bakkie so op my af – met POLISIE op sy neus. Toe ek padgee, is dit een of ander besigheid se naam en bakkie?

Ek dink nogal dat kinders reeds op skool geleer moet word hoe mens op paaie bestuur, hoe jy jou gedra en hoe belangrik dit is om nie te jaag nie.

Groete”

Ons deel ook graag ‘n paar belangrike wenke oor hoe om verdedigend te bestuur:

Defensive Driving and Road Safety

Posted on by jonckie

Comments Off on Motoris maak voorstelle vir ‘n veiliger N14