Die dag toe ‘n stofstorm rol soos ‘n brander oor die Vrystaat!!

Diegene wat bly in die Vrystaat is al gewoond aan ‘n bietjie stof! Hierdie afgelope week was egter vir talle van ons ‘n ietwat skrikwekkende ervaring toe ‘n aansienlik groot stofstorm soos ‘n brander oor die Vrystaat gespoel het!

Ek kon dit eerstehands aanvaar vanuit hoog in die lug. Tydens ‘n vlug op Mango vanaf Kaapstad na Bloemfontein was ek in ry Nommer 15 in die middelste sitplek , sittende langs ‘n vriendin, Suze Steyl [Cherryink Beauty], en ‘n ouer man aan my regterkant.

Die vlug het skieilik ongekende turbulensie ervaar en ons het gewonder, in die afwesigheid van ‘n duidelike wolkbedekking waardeer ons sou vlieg, wat die oorsaak hiervan kon wees. Die man aan my regterkant het ons aandag gevestig op ‘n massiewe stofkolom aan ons linkerkant.

Suze het hierdie stofkolom afgeneem  – ‘n foto wat ook die aand ook op die Nuusbulletin op televisie verskyn het. Ons het net betyds geland voordat die stoklolom oor die lughawe beweeg het! Ek heg hierby graag ‘n paar fotos aan.

Vir veilige bestuur in hierdie omstandighede besoek ook :

Safe driving in Dust, Fog and Mist

Posted on by jonckie

Comments Off on Die dag toe ‘n stofstorm rol soos ‘n brander oor die Vrystaat!!