Hoeveel goedkoper sal motorversekering kan wees as almal wetsgehoorsaam is?!

Dit is ongelukkig nou maar so dat ons elke dag moet betaal vir wetteloosheid! Ons vind ‘n bladsy op die Arrive Alive webwerf wat spesifiek handel met die impak van misdaad op padveiligheid. In hierdie afdeling word daar gepleit by die padgebruiker om bewus te wees van hierdie gevare en sy bestuurstyl hierby aan te pas!

Wanneer ons kyk na die premies wat ons moet betaal vir motorversekering, en die koste daarvan in meer besonderhede probeer ontleed kan ons ook sien hoedat misaad / wetteloosheid daardie premies veel duurder maak as wat dit kon wees indien almal die wette van die land gehoorsaam het!

Die koste van motorversekering word bepaal deur die risiko dat daardie voertuig beskadig mag word of die besit daarvan verlore mag gaan. Die voertuigeienaar betaal dus ‘n premie elke maand om homself te beskerm en te verseker dat daardie voertuig herstel of vervang kan word.

Die grootste gevare waarteen dus verseker word is:

– Skade as gevolg van ongelukke / botsings / brand ens

-Verlies as gevolg van diefstal / kapings

Dikwels wanneer ons dink aan misdaad dink ons net aan die geweldsmisdade soos gewelddadige motorkapings. Ons vergeet egter dat by verre die meeste ongelukke of botsings ook veroorsaak word deur bestuursfoute – beide opsetlik en nalatig!

Baie ongelukke gebeur wanneer die padreels nie nagekom word nie en bestuurders onwetttig verbysteek, dronk bestuur, onpadwaardige voertuie bestuur of nie stilhou by verkeersligte of stoptekens nie!  Die nie-nakoming van padreels deur bestuurders in Suid-Afrika maak die risiko op die pad vir elkeen van ons veel groter en gevolglik die versekering veel duurder!

Misdaad strek ook veel wyer as ons in ag neem tot watter mate korrupsie ‘n impak kan maak op ons premies. Korrupsie in wetstoepassing bring mee dat misdadigers nie van die paaie verwyder word nie. Elke keer wat ‘n omkoopgeldjie betaal word deur ‘n dronk bestuurder of wettelose padgebruiker word hierdie misdadigheid toegelaat om voort te duur!

Vir meer inligting oor misdaad as a ‘n bedreiging vir padveiligheid, besoek ook:

Crime as a Threat to Road Safety 

Posted on by jonckie

Comments Off on Hoeveel goedkoper sal motorversekering kan wees as almal wetsgehoorsaam is?!