Vind meer uit oor die veilige onderhoud van jou voertuig!!

Nie baie padgebruikers daarbuite weet veel oor die onderhoud van hul voertuie nie! Dit is ook nie net die vroulike geslag wat skuldig is aan ‘n gebrek aan belangstelling as dit kom by die meganiese werking van die voertuig nie. As ons eerlik moet wees is dit vir meeste van ons bloot ‘n geval van die sporadiese diens soos vereis deur die vervaardiger en die nagaan van bande , olie en water by die vulstasie. Ons gaan ook dikwels hierdie aspekte net na wanneer die assistent by die vulstasie daarvoor vra en indien ons nie te haastig is nie!

Daar kan nou wel nie verwag word van elkeen om oor die meganiese kennis van ‘n werktuigkundige te beskik nie -maar ons kan baie probleme voorkom deur ons voertuig gereeld te laat nagaan en deur beter te verstaan waarom verskillende voertuig komponente belangrik is vir veilige bestuur op die pad! Te dikwels sien ons voertuie aan die brand langs die pad en die vraag wat dadelik opduik is of daar behoorlik aandag gegee is aan die onderhoud van daardie voertuig!

Hierdie komponente sluit in:

– Bande

– Skokbrekers

– Remme

– Ruitveers

– Stuurstelsel ens.

Ons wil graag voertuigeienaars aanmoedig om meer te leer oor voertuigherstel en onderhoud deur die volgende bladsye te besoek op die Arrive Alive Webtuiste:

Vehicle Maintenace, Repair and Road Safety

Vehicle maintenance and safety guide to roadworthiness of vehicles

Ons deel ook graag hierdie komiese video oor die verkeerde manier om die voertuig vol olie te hou!

Posted on by jonckie

Comments Off on Vind meer uit oor die veilige onderhoud van jou voertuig!!