Kunstenaar se werke van beton gesigte maan teen nagevolge van selfsugtige bestuursmetodes

Graag deel ons hiermee inligting ontvang vanaf Everine Cason van Wyk rakende ‘n unieke bydrae tot die skep van bewusmaking rakende padveiligheid!

“Ek het 36 gebroke beton gesigte gemaak en gemonteer op stukke voertuig dele, voertuie wat merendeels in botsings betrokke was.  Die idée is om die noodlottigheid van voertuig botsings uit te beeld.

Omdat bestuurders nie let op die nagevolge van selfsugtige bestuursmetodes nie, is die idée om dit visueel aan hulle oor te dra, hopelik om die mens meer bewus te maak van die effek van sulke optrede.

Indien hierdie voorstelling op ‘n volgehoue basis in verskillende stede en gebiede uitgestal kanword, sal dit moontlik tot ‘n geringe mate kan bydra om sulke noodlottighede te beperk.  Dit sal  dan aan ‘n wyer media beskikbaar gemaak word, hopelik om by die lokale populasie ‘n inslag te vind.

Die doel van my versoek is om ‘n boodskap oor te draw at moontlik kan help om hartseer te beperk, gepaardgaande met die ekonomiese effek wat sulke botsings in die land het. Ek hoop dat u dit as ‘n bydrae kan gebruik in padveiligheids veldtogte.”

Everine Cason van Wyk

Posted on by jonckie

Comments Off on Kunstenaar se werke van beton gesigte maan teen nagevolge van selfsugtige bestuursmetodes