Wees bereid om jou bestuurstyl aan te pas gedurende die winter!

Daar kan van bestuurders verwag word om ‘n bietjie meer bedag te wees op hul bestuur wanneer daar bestuur word in moeilike weersomstandighede. Dit is nie net die bestuur op gladde padoppervlaktes wat ons moet maan tot versigtigheid nie!

Dit word selfs meer belangrik om te let op die padwaardigheid van ons voertuie en ook aandag te gee aan aspekte soos sigbaarheid van agter die stuurwiel. Dikwels gee bestuurders nie genoeg ag op die skoonmaak van windskerms en die verwydering van vog en ys voordat hul vertrek nie!

Dit is ook belangrik om in ag te neem dat voetgangers dikwels baie warm aangetrek is en ook hul ore probeer beskerm teen die koue. Dit bring mee dat hul nie altyd duidelik waarneem met sig en gehoor dat daar aankomende voertuie is nie!

Met 30-40% van padsterftes as voetgangers is dit selfs meer noodsaaklik om ag te slaan op hierdie gevare en spoed te verminder in areas waar voetgangers dalk voor ons voertuie mag beland!

‘n Besoeker aan die Arrive Alive webwerf het fotos gestuur wat geneem is om 10h00 op Sondag 6 Julie tussen Hanover en Richmond:

Ons wil graag hiermee ‘n paar skakels deel op die Arrive Alive webwerf met wenke wat spesifiek in the winter meer van toepassing mag wees!

Besoek ook:

Safe Driving in Bad Weather

Driving in Winter/ Driving on Snow and Ice

Driving in Winter and Defogging the Windscreen

Posted on by jonckie

Comments Off on Wees bereid om jou bestuurstyl aan te pas gedurende die winter!