Versekering beskerm jou motorfiets maar nie jou ego!

Sommige voorbeelde van skade is maar net moeiliker om aan jou versekering te verduidelik as ander! ‘n Goeie vriend het ‘n video aan die Arrive Alive webwerf gestuur van ‘n motorfiets entoesias wat sy vriende bietjie wou beindruk!

Aanvanklik was ek van mening dat hierdie video-greep die belangrikheid van beskermende klere gaan aantoon. Die jong man het immers ‘n goed gespierde bolyf waarmee hy sy gaste kon beindruk en ‘n bietjie meer rook van die remme en bande op die vloer kon dalk net die regte effek gee!

Dit het egter gou duidelik geword dat dit dalk belangriker is om te fokus op die oormaat selfvertroue en die mindere mate van bestuursvaardigheid!

Op die Arrive Alive webwerf het ons heelwat inligting beskikbaar gestel aan ons motorfiets entoesiaste. Met stygende petrolpryse is dit belangrik dat ons let op deurlopende bewusmaking van motorfietsvaardighede! Dit is veral die jonger motorfietsryers wat meer bewus gemaak moet word van veiligheid op die pad.

Ons wil besoekers graag aanmoedig om die volgende skakels te besoek vir meer inligting oor veiligheid:

Motorbike/ Motorcycle Safety and the Young Rider  

Motorcycle Safety and Riding in Bad Weather

Motorbike safety through the Eyes of the Instructor

Learner Motorcyclist – Do we Test effectively?


 

Posted on by jonckie

Comments Off on Versekering beskerm jou motorfiets maar nie jou ego!