Kennis, ervaring en bestuursvernuf nodig vir veilige reis met die sleepwa!

‘n Vriendin het onlangs ‘n foto aan die Arrive Alive webwerf gestuur van vriende se uittog op vakansie. Die trek van meer as een sleepwa is nie onwettig in Suid-Afrika nie, maar vereis wel baie aandag en bestuursvaardigheid. Dit is nie iets vir enige bestuurder om aan te pak nie.

In reaksie tot baie ongelukke waar daar sleepwaentjies betrokke was het ons dit goedgedink om in fyner besonderhede te let op wat nodig is vir hierdie vorm van vervoer.  Ons het ‘n bladsy geplaas op die Arrive Alive webwerf oor die veilige trek van sleepwaentjies.

Hier let ons nie net op die padwaardigheid wat vereis word van beide die sleepvoertuig en die waentjie nie, maar ook die korrekte laai van sodanige voertuig.

Dit gebeur dikwels dat die gesleepte voertuig begin swaai as gevolge van die verkeerde manier wat die laai daarvan plaasvind. Oneweredige gewigsverplasing mag swaai veroorsaak en dit is uiters belangrik dat die gewig na die voorkant van die waentjie versprei word.

Daar word ook besondere aandag van die bestuurder van die sleepvoertuig verlang- veral wanneer hy by ander voertuie wil verbygaan! Ons wil graag motoriste aanmoedig op meer hieroor te lees op die Arrive Alive webwerf op die volgende skakel:

Safe Driving and Towing a Trailer Safely

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Kennis, ervaring en bestuursvernuf nodig vir veilige reis met die sleepwa!