Veiligheid by padkruisings is nie maar net iets om as gegewe te aanvaar nie!

Na die 11 jaar wat ons die Arrive Alive webwerf ontwikkel word dit nou al meer duidelik watter impak misdaad en wetteloosheid het op padveiligheid. Ons het onlangs ‘n bladsy hieroor ontwikkel met die opskrif
“Crime as a Threat to Road Safety”.

Die harde realiteit is dat misdaad ‘n veel groter impak het as net die dronk bestuurder wat dalk in ons mag vasry! In 2013 het die Minister van polisie aangetoon dat daar vanaf Julie tot einde November meer as 10,600 kriminele gearresteer is! Dit is belangrik dat ons elkeen deeglik bewus daarvan moet wees dat tot voor elke arrestasie daardie individue die paaie met ons gedeel het.

Hul het ook die paaie gebruik om weg te kom vanaf die versekeie misdaadtonele. Hierdie misdadigers is veel meer geneig tot die oortreding van padreels!

Ter wille van ons eie veiligheid moet ons nie maar net aanvaar dat ons veilig op die pad sal wees nie. Dit is veral waar ons padkruisings nader dat ons besonder versigtig moet wees.

Gevare by kruisings sluit in:

– Dat ‘n roekelose bestuurder die rooi lig verontagsaam en jaag opr die kruising.

– ‘n Motorkaper probeer om beslag te neem van die voertuig van ‘n niksvermoedende motoris.

-‘n Grypdief die geleentheid raaksien om besittings van ‘n motoris af te neem!

Dit is uiters belangrik dat ons gefokus bly en nie ons aandag laat aflei deur byvoorbeeld op ‘n selfoon te gesels nie!

Ons wil graag aanbeveel dat padgebruikers let op die volgende belangrike skakels:

Road Safety and Preventing Smash and Grab

Safer Driving at Intersections

Guidelines on how to prevent Hijackings

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Veiligheid by padkruisings is nie maar net iets om as gegewe te aanvaar nie!