Ouer bestuurders is veiliger bestuurders as wat ons wil erken!!

Ons ouer bestuurders is dikwels die onderwerp van vele grappies. Indien ons kyk na ongeluk statistieke sal ons egter waarneem dat hul ‘n veel laer risiko groep is as wat ons mag verwag! Dit is die jonger meer behendige bestuurders met hul vinnige reaksies wat veel meer geneig is tot ongelukke!

Dit is waar dat daar wysheid kom so met die grysheid! Die ouer bestuurders baat met jare se ondervinding agter die stuurwiel en duisende ervaringe! Hul het meeste situasies op die pad al ervaar en kan waarneem waar daar moontlik gevare mag bestaan. Hul is ook uiters goed om hul tyd reg te gebruik en mooi te beplan. Die ouer bestuurders weet meestal wanneer die paaie gevaarlik is en gaan doen eerder hul inkopies wanneer dit nie spitsverkeer is nie.

Wanneer bestuur die gevaarlikste is – naweke en saans laat – vermy die ouer bestuurders die paaie en bly liewer rustig tuis. Daar is ook geen behoefte by hul om iemand te probeer beindruk met hul vaardighede nie. Hul het reeds hul lewensmaats ontmoet of hul merk gemaak en is heeltemal tevrede om die lewe teen ‘n stadiger pas te geniet!

Dit is belangrik vir die jonger geslag om te weet wanneer die tyd aangebreek het om hul ouers te oortuig dat hul liefs die sleutels moet afstaan.  Vir inligting hieroor, besoek gerusdie Arrive Alive webwerf met die volgende skakels:

Road Safety and the Elderly / Older Road Users

Alzheimer’s and Road Safety

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Ouer bestuurders is veiliger bestuurders as wat ons wil erken!!