Moenie maar net jou veiligheid laat in die hande van ‘n ander nie!

Een van die wonderlike aspekte van die internet is dat ons daagliks snaakshede kan ontvang van vriende wat ons ‘n glimlag bied so tussen die alledaagse werkery! Vanoggend het ‘n gereelde besoeker aan die Arrive Alive webwerf dit goedgedink om ‘n paar fotos te email onder die titel “You had one job”.

Dit verwys na take wat oorgelaat is aan iemand om af te handel en waarvan die nie- nakoming selfs humoristies mag voorkom!

Dit laat ons ook dink aan ons veiligheid op die pad. Die mense wat hierdie eenvoudige take so maklik kan laat misluk deel ongelukkig die paaie met ons. Indien hul met so iets kan faal is dit heel moontlik dat hul op die paaie en agter die stuurwiel selfs groter foute mag begaan!

‘n Boodskap wat ons gereeld beklemtoon is dat ons nie altyd ‘n ongeluk of botsing kan voorkom nie, maar dat ons wel die impak daarvan mag verminder of die omvang van die skade kan beperk. Dit kan ons doen deur onsself te beveilig in ons voertuie deur seker te maak dat almal vasgegordel is – en dat ons met ons bestuur vir onsself soveel moontlik tyd en ruimte moet bied om te reageer in ‘n noodsituasie!

Maak seker dat jy en jou familie beskerm is met mediese en voertuigversekering!

Nie almal is ewe veiligheidsbewus nie – doen wat jy kan om jou te beskerm teen die roekelose padgebruikers daarbuite!

Posted on by jonckie

Comments Off on Moenie maar net jou veiligheid laat in die hande van ‘n ander nie!