Padsterftes is geen barometer vir die risiko van skade en noodsaaklikheid van motorversekering nie!

Daar is maar net niks slegter as om skade te lei en te besef dat jy self al daardie skade moet dra nie! In Suid-Afrika met ongeveer 15,000 padsteftes elke jaar is dit verbysterend dat daar nog voertuigeienaars is wat dit op die paaie waag sonder versekering!

‘n Belangrike aspek om in ag te neem is dat die dodetal op ons paaie geensins ‘n ware weergawe is van die riskio waaraan ons elke dag blootgestel is nie. Dit is dikwels bloot die professionaliteit van ons mediese personeel wat die verskil is tussen lewe en dood!  Om te bepaal hoe vaardig ons bestuurders is moet ons nie na die padsterftesyfer kyk nie  – maar eerder nouer let op die hoeveelheid ongelukke!

Ons media rapporteer oor noodlottige botsings en dikwels vergeet ons, of is ons uiters oningelig oor die werklike hoeveelheid botsings op ons paaie!

Die beste om dit te illustreer is om te let op ‘n onlangse verslag van KwaZulu-Natal mediese dienste. Tydens ‘n 24 uur periode het die Nooddienste 19 insidente bygewoon en 65 beseerde persone verwyder. Daar was genadiglik net een sterfte!

‘n Verslag oor padsterftes sou bloot die een sterfte aantoon – die risiko van besering en beskadiging is egter veel groter – en so ook die belangrikheid van mediese en voertuigversekering!

Op

Posted on by jonckie

Comments Off on Padsterftes is geen barometer vir die risiko van skade en noodsaaklikheid van motorversekering nie!