Jou versekeraar verdien die verantwoordelike gebruik van jou voertuig!

Hoe verantwoordelik is jy met jou voertuig? Betaal jy jou maandelikse premie en doen dan ook jou beste om te verseker dat daar nie onnodige eise sal plaasvind nie!

Jou motorversekeraar kan met reg verwag dat daardie voertuig gebruik word met die nodige sorg en dat daar nie addisionele blootstelling aan risiko sal wees nie. Dit behels dat die voertuig gebruik word in nakoming van die padreëls. Dit sal insluit dat jy nie sal bestuur onder die invloed van alkohol nie en ook nie jou voertuig sal oorlaai nie! Daar is ‘n verantwoordelikheid op die voertuigeienaar om die voertuig padwaardig te hou!

Dit is belangrik om nie net te waak teen die oorlading van die voertuig nie – maar ook hoe daardie vrag verwyder word. Hierdie video uit China is nie iets wat die versekeraar van die voertuig sal wil sien nie!

Indien die voertuig uit hierdie gebruik skade lei sal nie van die versekeraar verwag kan word om sommer maar goedsmoeds vir al die skade aanspreeklik gehou te word nie!

Kyk Video

 

Posted on by jonckie

Comments Off on Jou versekeraar verdien die verantwoordelike gebruik van jou voertuig!