Toyota vier R1-Miljard belegging in vervaardiging van nuwe Corolla

 

  • Vervaardiging van nuwe Corolla begin
  • Toyotabelê R1 miljard in Prospecton-aanleg
  • Nuwe model gaan in linker- en regstuur-weergawes vir plaaslike en uitvoermark gebou word

Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het vandag die begin van sy program vir die plaaslike volume-vervaardiging van die nuwe Toyota Corolla – die 11e geslag van die wêreld se topverkoper-motor – begin.

Die geleentheid is byToyotase vervaardigingsaanleg in Prospecton gevier en is deur die Premier van KwaZulu-Natal, mnr. Edward Senzo Mchunu, die burgemeester van die Ethekwini-metropool, mnr. James Nxumalo, en afgevaardigdes van die Toyota Motor-Korporasie, TSAM, vakbonde en personeel bygewoon.

“Ons vier hiermee die hoogtepunt van jare se beplanning en voorbereiding en meer as R1 miljard se regstreekse belegging in die vervaardigingsgeriewe van die Prospecton-aanleg,” sê Dr. Johan van Zyl, President en Uitvoerende Hoof van Toyota Suid-Afrika Motors.

Hy verduidelik dat die belegging van R1 miljard die tweede in die huidige fase van kapitale uitbreiding is wat in 2012 met die nuwe Onderdele-verspreidingsentrum van R363 miljoen inGautengafgeskop het. Hierdie fase volg op ’n beleggingsprogram van R8 miljard wat in 2008 voltooi is en waardeur Toyota se plaaslike vervaardigingsvermoë tot 220 000 verhoog is.

“Dit is moeilik om te glo dat ons ’n skrale twee geslagte van die Corolla gelede ’n vervaardigingsonderneming met net Suid-Afrika as ons enigste mark was. Vandag word die Corolla, ’n goeie voorbeeld van vooraanstaande tegnoglogie, in groot volumes vir die plaaslike sowel as die uitvoermark vervaardig,” sê Van Zyl.

KZN Premier Mr Senzo Mchunu en Dr Johan van Zyl CEO van Toyota SA by die nuwe generasie Toyota Corolla

Toyota se suksesvolle transformasie van plaaslike vervaardiger tot wêreldgefokusde vervaardiger is deels danksy die suksesvolle implementering van die staat se Motornywerheidsontwikkelingsprogram (MIDP). Hierdie plan het ten doel gehad om plaaslike vervaardiging in hoë volumes en uitvoerprogramme aan te moedig.

Die omgewing wat deur die MIDP daargestel is, en die daaropvolgende uitdagings van die nuwe Voertuigvervaardigings- en Ontwikkelingsprogram (ADPD), stel voertuigvervaardigers in staat om in langtermynprojekte wat groot beleggingshorisonne het, te belê.

“Die besluit om in die vervaardiging van die nuwe Toyota Corolla te belê, is ’n besluit wat lank voor die aanvang van produksie geneem is en wat die toekomstige ekonomiese vooruitsigte van Suid-Afrika en dié van belangrike Corolla-uitvoermarkte in ag neem. Ons glo die Suid-Afrikaans vervaardigde Corolla sal hom ten spyte van die huidige ekonomiese afname en druk op die wisselkoers as ’n goeie langtermyn-belegging bewys,” sê Dr. Van Zyl.

Talle uitdagings bly ten spyte van die geleenthede wat die vervaardiging en uitvoer van die nuwe Corolla bied, bestaan:

“Die onderbreking van sewe weke in die laaste kwartaal in 2013 het ons reputasie as betroubare en bestendige verskaffer van voertuie geskaad. Ons sal hard moet werk om ’n oplossing wat wedersyds gunstig is, met ons arbeidsvennote te vind ten einde vervaardiging vir die plaaslike sowel as die uitvoermark te stabiliseer,” sê Dr. Van Zyl.

Die nuwe Corolla is ’n splinternuwe voertuig wat virToyotanuwe tegnologie en verfyning in die C-segment bied.

Calvyn Hamman, Senior Vise-president van Verkope en Bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors, stel dit só: “Die nuwe Corolla is ’n nuwe voertuig in elke opsig en verteenwoordig van die beste tegnologie watToyotanog in hierdie baie belangrike marksegment aangebied het. Die feit dat Suid-Afrikaans vervaardigde Corollas in Afrika en Europa verkoop sal word, is ’n groot aanwins vir plaaslike vervaardigingsvermoë.

  • Toyota Suid-Afrika Motors het die vervaardiging van sy eenmiljoenste Suid-Afrikaans vervaardigde Corolla in Desember 2013 gevier. Dit volg op die soortgelyke wêreldwye viering in September 2013 nadat die 40 miljoenste Corolla in Julie verlede jaar aan sy nuwe eienaar oorhandig is. Dit beteken dat een Corolla elke 30 sekondes aan iemand verkoop word, wat sy plek in die Guiness Book of World Records as die wêreld se gewildste handelsnaam verseker het.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota vier R1-Miljard belegging in vervaardiging van nuwe Corolla