Toyota Groep vier sy Top – Handelaars

From left: Calvyn Hamman, Senior Vice President: Sales and Marketing, Toyota SA Motors, Hitoshi Muramoto, Executive Vice President and Chief Co-ordinating Executive, Toyota SA Motors, Alex Frielingsdorf, former Dealer Principal of Barloworld Toyota Centurion, Yasumori Ihara, Executive Vice President of Toyota Motor Corporation, Dr Johan van Zyl, President and CEO of Toyota SA Motors.

Barloworld Toyota Centurion die 2013-Handelaar van die Jaar

Alex Frielingsdorf en sy span by Barloworld Toyota Centurion is vir hul uitmuntende vertoning in 2013 beloon toe dié handelaarskap Vrydag 21 Februarie 2014 by ’n gala-geselligheid in Durban, KwaZulu-Natal, as die 2013-Toyota-Handelaar van die Jaar aangewys is.

“Barloworld Toyota Centurion bewys dat sterk leierskap en die regte mense die verskil in die vertoning van ’n handelaarskip kan maak,” het Calvyn Hamman, Senior Vise-President van Verkope en Bemarking by Toyota Suid-Afrika Motors, gesê. “Ons is baie trots op wat hulle reggekry het en met hul benadering van puik klantediens,” het hy gesê toe hy die toekenning oorhandig het.

“Die Toyota-Handelaar van die Jaar-toekenning is altyd die middelpunt van strawwe mededinging, maar die wedywering tussen die top-handelaars was vanjaar veral straf. Barloworld Toyota Centurion is ’n waardige wenner,” het Hamman gesê.

Die Toyota-Handelaar van die Jaar-toekenning word jaarliks beoordeel op grond van ’n omvattende stel vereistes waaraan elke handelaar regdeur die voorafgaande jaar beoordeel word. Dié maatreëls sluit onder meer klantediens, omgewingsbeskerming, finansiële verrigting en voertuigverkope in.

Toyota het in sy beoordeling van die 2013-Toyota-Handelaar van die Jaar die beste handelaarskap in die klein, medium, groot en megagroot-afdelings identifiseer. Frielingsdorf en Barloworld Toyota Centurion is in die mega-afdeling erken en het die algehele toekenning losgeslaan, terwyl Annelie Davis van Monument Toyota Randfontein, Sean Bacon van Imperial Toyota Strijdompark en Brian Jones van Halfway Toyota Shelly Beach onderskeidelik vir hul uitstaande vertoning in die afdelings vir klein, medium en groot handelaarskappe beloon is.

Toyota het ook verskeie handelaars en handelaarsgroepe by die geselligheid beloon, waaronder die gesogte Voorsitterstoekenning, wat deur Dr. Johan van Zyl, die President en Uitvoerende Hoof van Toyota Suid-Afrika Motors, beoordeel word. Dr. Van Zyl het Jimmy Smith van die McCarthy Toyota-groep vanjaar uitgesonder.

 

Dr. Van Zyl het Smith vir sy nimmereindige diens aan Toyota – veral as streeks- en nasionale voorsitter van die handelaarsraad – en sy rol as mentor vir talle bestuurders in die Toyota-netwerk sowel as besturende direkteur in die McCarthy-handelaarsgroep tydens die oorhandiging van die Voorsitterstoekenning geprys.

Ná die spesiale Voorsitterstoekenning is die handelaarskap met die beste omgewingsinisiatiewe beloon. Dié prys is deur Shaun Finn van Northam Toyota losgeslaan vir die wyse waarop hy so getrou aan die Toyota Earth Charter gebly het, en vir sy harde werk op die gebied van nuwerwetse omgewingsinisiatiewe in die handelaarskapsomgewing sowel as die omliggende gemeenskap.

Buiten die Voorsitterstoekenning en die Omgewingstoekenning het Toyota ook die handelaar met die beste klantediens uitgesonder. Dié prys is deur Martinus Rossouw van Status Toyota in Cradock gewen nadat hy die afgelope jaar ’n uitmuntende klantedienstelling van oor die 96% gehandhaaf het. Hamman het Rossouw se skitterende klantekommunikasie en aandag aan detail beklemtoon.

In ‘n verwante afdeling is Hannes Marais as die Monitor-handelaar van die Jaar aangewys. Monitor handelaars is spesialis-handelaars wat intree wanneer ‘n voertuigprobleem nie dadelik duidelik is nie.

Toyota Finansiële Dienste (TFS) het ook die beste Toyota-handelaar beloon. Martin Klopper van Halfway Toyota Fourways het die toekenning ontvang nadat hy die afgelope jaar ’n nuwemotor-finansieringsmarkaandeel van 44% gehandhaaf het.

Ander toekennings – Visepresidentstoekennings

Die Toyota-visepresidentstoekenning gee erkenning aan die beste algehele vertoning in verskillende praktiese afdelings, waaronder voertuigverkope, voertuigbemarking, onderdele en versiening. Toyota het die volgende handelaars vir hul uitsonderlike prestasies beloon:

  • Klante-ervaring (medium grootte handelaarskappe): Thekwini Toyota Westville – Michael Koberstein
  • Klante-ervaring (groot handelaarskappe): Halfway Toyota Shelly Beach – Brian Jones
  • Klante-ervaring (megagroot handelaarskappe): Carnival Toyota – Nic Muller
  • Klantediens (onderdele): Barloworld Toyota Centurion – Stephanus Botha
  • Klantediens (versiening): Carnival Toyota – Danie Smit
  • Klantediens: Carnival Toyota – Nic Muller
  • Automark (gebruikte voertuie): Oranje Toyota Kimberley – Leon Diedrichs (handelaarshoof) en Jacques Cloete (Funksionele bestuurder: Automark)
  • Voertuigbemarking: Monument Toyota Constantia – Julian Visagie (handelaarshoof) en Jonathan Stephenson (funksionele bestuurder: voertuigverkope)

Toyota Suid-Afrika Motors het ook die beste groepbesturende direkteur in ’n afdelingsgroep en die beste groepbesturende direkteur vir handelaarsgroepe in die Toyota-netwerk aangewys.

Jimmy Loubser van die Locross-Toyota-groep is in die afdelingskategorie beloon, terwyl Andrew Miller die Groepbesturende Direkteur van die Jaar-toekenning gewen het.

–       Toyota Suid-Afrika Motors het die grootste netwerk handelaars in Suider-Afrika, met 190 toegewyde Toyota-handelaars wat klante in Suid-Afrika, Namibië, Lesotho, Botswana en Swaziland bedien.

–       Frans Cloete, die handelaarshoof van Hino Oos-Rand, is as die Hino-handelaar van die Jaar vir 2013 aangewys.

–       Leon Brand, die handelaarshoof van Lexus Midrand, is as die Lexus-handelaar van die Jaar vir 2013 aangewys.

Alex Frielingsdorf, former Dealer Principal of Barloworld Toyota Centurion, the 2013 Toyota Dealer of the Year.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota Groep vier sy Top – Handelaars