Toyota onthul sy “Uiterste” sportkoepee-Konsepmodel op die Detroit-motorskou

’n Waaghalsige nuwe Toyota-koepee is op die Detroit-motorskou onthul. Die nuwe FT-1-konsepmodel is die gevolg van die Toyota Calty-ontwerpateltjee se missie om die volmaakte sportmotor te ontwerp. Dié span van Kalifornië, wat vanjaar sy 40e bestaansjaar vier, het met ’n motor vorendag gekom wat treffend modern is, dog steeds ’n sweempie van Toyota se ryk sportmotorgeskiedenis met die 2000GT van die middel sestigerjare bied.

Die buitekant met sy kromlynige vorm, uitstaande voorste modderskerms en duidelike kontraste wat van kragtige verrigting spreek, vang die voorkoms van ’n renmotor vas. Die FT-1 se volmaakte lugdinamiese eienskappe word deur sy groot luginlate, uitlaatpype en terugtrekbare drukvlerk aan die agterkant, beklemtoon.

Die uitleg van die voorgemonteerde enjin met agterwielaandrywing maak dit moontlik om die stuurkajuit verder na agter tussen die asse te plaas, wat help om die gewig beter te versprei en klassieke sportmotorafmetings te skep. Die omvou-windskerm en uitleg van die kantglas is ’n duidelike verwysing na die ontwerp van die oorspronklike 2000GT.

Die ergonomie van die kajuit slaan munt uit die motor se lae swaartekragmiddelpunt, wat die bestuurder help om die grootste beloning uit die bestuurservaring te kry. ’n Delta-vormige instrumentesone help dat die bestuurder die middelpunt van al die aksie is en ten volle aan die motor verbind is. Hierdie eienskap word deur die Formule 1-agtige stuurwiel en volkleur-weerkaatsing van kerninligting wat net bokant die stuurwiel sigbaar is, versterk. Die ontwerpers het die A-pilare so ver agtertoe as moontlik geplaas om sig te verbeter.

Toyota se ontwerpbesluite word tradisioneel deur ooreenstemming tussen ’n groot groep mense gedryf – as deel van ’n maatskappybeweging om Toyota-produkte meer energie en passie te gee – en die proses is naatloos gemaak. Hierdie benadering was die grondslag tot die ontwikkeling van die FT-1, ’n konsep-model wat Toyota se doelwit om motors te ontwerp wat dieper tot klante verbind en ’n groter eienaarskapservaring bied, vasvang.

Posted on by jonckie

Comments Off on Toyota onthul sy “Uiterste” sportkoepee-Konsepmodel op die Detroit-motorskou