Motoriste gewaarsku teen lewensgevaarlike R36

Hiermee deel ons graag ‘n email gerig aan die Arrive Alive webwerf:

Goeie dag, HELP ONS ASSEBLIEF om die land bewus te maak van die lewensgevaarlike pad (R36 ). Die pad word op al die GPS’s gewys as jy onderskeidelik Lydenburg, Machadodorp, N4 tolpad,  Kruger Wildtuin en al die ander toeriste dorpies soos Pelgrims rest, Graskop, Sabie ens besoek.

Wat mense, veral toeriste, nie weet nie is dat die pad soos op ‘n paar plekke met foto’s aangeheg aangedui word, glad nie rybaar is nie en dat statistieke gewys kan word oor hoeveel ongelukke elke dag/elke week/elke maand plaasvind. Die pad moet daagliks gebruik word om kinders by skole te kry, mense by werke en swaarvoertuie wat onder andere chroom aanry. Boere in die omgewing het self probeer om die ergste gate toe te maak maar dit hou net ‘n dag met die swaarvoertuie en erge reëns.

Die plaaslike Paaiedepartement is ‘n uiterse doodloopstraat en alle ander partye ‘n klug. Bande en rims van voertuie lei daagliks skade, geen persoon kan waag om na 5 in die aand op die pad te wees nie wat beteken dat kinders nie by skool aktiwiteite betrokke is nie. Dit is net ‘n paar van die “klagtes” waarmee die gemeenskap daagliks moet saam lewe net sodat daar gesê kan word “the state of the road is fair with a few potholes”

Is daar enigsens iemand wat ons kan help ASSEBLIEF….

Posted on by jonckie

Comments Off on Motoriste gewaarsku teen lewensgevaarlike R36